“But I fear, lest by any means, as the serpent beguiled Eve through his subtilty, so your minds should be corrupted from the simplicity that is in Christ.” (2 Cor 11:3, KJV)
In die vorige manna het ons tot die slotsom gekom: die slang kon daarin slaag om dit wat hóm laat val het, na Eva toe oor te dra voordat sy enigsins die verkeerde vrug kon pluk; en dat hy deur ‘n valse verwagting te skep Eva in ‘n denkbeeldige wêreld of denkkonstruk vasvang lank voor sy oorgegaan het tot die daad.
Jak 1:13-15 verduidelik die proses soos volg: “Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.”
Die boom van kennis van goed en kwaad is nie deur God in die tuin geplaas om die mens te versoek of sy gehoorsaamheid te toets of vir hom ‘n strik te stel nie. Soos die gevalle engel Lucifer reg gehad het op die aarde (1 Joh 5:19; Mat 4:8-9), het hy ook legitieme reg gehad tot toegang tot die tuin van Eden, en was die boom van kennis van goed en kwaad sý aanbod van heerskappy aan die mens. In Manna 41&42 is verduidelik: die boom van die lewe was in die paradys die prototipiese “saadvoorbeeld” van die koninkryk van God, terwyl die koninkryk van duisternis verteenwoordig is deur die boom van kennis van goed en kwaad. Onthou: Satan het deur sy kennis trots geword: “Deur jou … verstand het jy vir jou rykdom verkry …deur die grootheid van jou wysheid … het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom.” (Eseg 28:4-5). Deur te kies van watter boom hul wou eet, het die mens sy keuse uitgeoefen om te besluit watter koninkryk hy wil dien. Hierdie “kennis” is mistieke of geheime kennis, in Grieks gnosis, wat net verkry word as jou derde oog oopgemaak word. (‘n Belangrikste vertalingsfout in die Bybels: as die Satan vir Eva sê dat as hulle van daardie boom eet, sal hul oë oopgaan, moet eintlik lees: sal hulle oog oopgaan – in die oorspronklike taal is dit in die enkelvoud, nie die meervoud nie.)
In Jes 14:13-14 word Môrestêr se beweegredes gegee vir sy aspirasies om deur gnosis tot God te evolueer: “Ek wil opklim in die hemel, (ek wil) my troon verhef bo die sterre van God en (ek wil) sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, (ek wil) my gelykstel met die Allerhoogste!” John Daniel (nie die whiskey nie J) wys uit dat in Hebreeus die woordjie “ek wil” verband hou met die woord “prognosticate”, wat ook beteken: “having cunning knowledge through self-deception”! Satan val dus die mens aan HOOFSAAKLIK deur sy manier van dink en deur hom in ‘n verkeerde denkkonstruk te sit wat deur sy sensuele begeertes gerig word. God het verbied dat die mens enigsins die vrug “aanraak” (Hebreeus: “extend to join”). Die alternatiewe realiteit wat jy skep, begin reeds wanneer jy ‘n vals verwagting akkommodeer waar jý en jou begeertes die MIDDELPUNT is. Eva het voor sy haar “extend” het om die vrug “te join” alreeds haarself en haar behoefte om soos God te wees begin entertain in haar gedagtes en sodoende vir Satan die reg gegee om haar te verlei en haar haar merk te laat mis (=sonde). Derhalwe het sy geestelik gesterf.
- Sela: Bestudeer die betekenis van die woordjie “matriks” en hoe dit met die lering skakel.
- Lees: Jos 18 Esra 1; Jes 34
- Memoriseer: Jes 34:8
- Vir dieper delf: Lees hfst 3 van John McCarthur se The love of God.