Dag 296

“In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe …” (Open 22:2, OAV)

 

Ons het in Manna 294 verduidelik dat daar lank voor Eva die verbode vrug vir haarself toe-geëien het, ‘n bepaalde verleiding in haar manier van dink plaasgevind het, en dat Lucifer haar in dieselfde sonde laat val het as waaraan hy skuldig was. Ons het uitgewys hoe sy die verkeerde boom in die middel van die tuin geplaas het, met ander woorde in die sentrum van haar manier van dink en begeer. In 2 Kor 11:3 sê dit haar denkwêreld was gekorrupteer sodat dit nie meer nie “simple” (KJV) was nie. Die woordjie “simple” in Grieks is “haplotēs”, wat beteken: “singleness, simplicity, sincerity, mental honesty, the virtue of one who is free from pretence and hypocrisy, not self seeking”.

Dít was presies wat Lucifer verlei het om homself gelyk te stel aan God. In die hoofstuk van die Bybel waar die geskiedenis van sy verleiding plaasvind, Eseg 28, word daar agt keer die woordjie “middel” gebruik. In vers 14 word vertel hoe Môrester gewandel het “in the midst of the stones of fire” op die berg van God, en in  vers 16 word die volgende gesê: “By the multitude of thy merchandise they have filled the midst of thee with violence, and thou hast sinned: therefore I will cast thee as profane out of the mountain of God: and I will destroy thee, O covering cherub, from the midst of the stones of fire.”

In ‘n latere lering (as ons by die derde dimensie van die tabernakel kom) sal ons die geheimenis uitwys dat hierdie “fiery stones” ‘n aanduiding is van die Bruid van Christus, dit wat in 1 Pet 1:5 “lewende stene” genoem word. Tóé reeds, was Môrester, duidelik die middelpunt van aktiwiteit, maar is hy verwyder as die sentrale spilpunt. Sy versugting “(to) sit in the seat of God, in the midst of the seas” (vers 2), veroorsaak juis dat hy “in the midst of the seas” verslaan word (vers 8). [Net ter wille van duidelikheid: hier word “seas” gebruik as die simbool van “volke en menigtes en nasies en tale” – Open 17:15, kortom: “humanity.] In vers 28 word die gevolge hiervan uitgespreek: “Thou hast defiled thy sanctuaries by the multitude of thine iniquities, by the iniquity of thy traffick; therefore will I bring forth a fire from the midst of thee, it shall devour thee, and I will bring thee to ashes upon the earth in the sight of all them that behold thee.” In vers 28 profeteer die Here God dat Hy: “will be glorified in the midst of thee”, en dat almal wat deur Môrester gekorrupteer is, “the wounded”, “shall be judged in the midst of her”!

Dit is derhalwe geensins vreemd nie dat in die tuin van Eden, daar waar die Boom van die lewe sy regmatige plek het in die middel van die tuin, ‘n aanspraak kom van die gevalle  Môrester, nou Lucifer, dat sý boom eintlik in die middel is nie. As hy jou kan verlei om dit te begin dink, word jy ‘n “double minded man” (Jam 1:8), “who is unstable in all his ways”. In Jam 4:8 word dit verder toegelig: “Draw nigh to God, and he will draw nigh to you. Cleanse your hands, ye sinners; and purify your hearts, ye double minded.” Interessant: die woordjie “heart” in Grieks is kardia, wat in sy betekenis nie net hart én verstand impliseer nie, maar ook “the middle or central or inmost part of anything”, veral dan ook van “the centre of all physical and spiritual life” (Thayer)!

 

  • Sela: Bid oor wat dit beteken dat jy “dubbelhartig” is.
  • Lees: Jos 19 (sien vers 1!); Esra 2; Jes 35
  • Memoriseer: Jes 35:8-10
  • Vir dieper delf: Lees Wendy Alec se The fall of Lucifer.