“waar hulle Hom gekruisig het en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, en Jesus in die middel”
(Joh 19:8, OAV)
Onthou ons is steeds besig met die geheimenisse van die koperaltaar, wat prototipies veral slaan op die kruis van Jesus. As ons dan uit die vorige manna geleer het dat Lucifer as Môrester homself in die hartposisie wou kry, die spilpunt, is dit duidelik dat hy homself in die plek van die ware Môrester, Jesus (Open 22:16), wou plaas. Dis eweneens nie vreemd dat hy prototipies die koning van Tirus genoem word nie (Eseg 28:2), want Tirus beteken: Rots, en hy wou homself voorstel as die Christus, die Rots (1 Kor 10:4). Die veelvuldigheid van Legio (Mark 5:9) maak die “sewevoudige” (simbolies: veelvoudige) Gees van God (Jes 11:2; Open 1:4) valslik na.
Die vrou Eva het haar laat verlei om Jesus en die Koninkryk van God as die Boom van die Lewe te vervang met Lucifer en die Boom van die kennis van goed en kwaad. Lucifer het nou die middelpuntvlietende krag van haar vleeslike en eiegeregtige wêreld geword. Die mens in dié beeltnis en koninkryk is “self-centered” (2 Tim 3:2, ALT) en “filled with self-centered ambition” (Jam 3:14, GW). Hulle lyk en doen net soos hulle pa, die duiwel (Joh 8:14).
Maar met die kruisiging is Jesus weer in die middel geposisioneer (Joh 19:8), waar Hy regmatig hoort. Later sien Johannes op Patmos vir Jesus, die Lam van God, “in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is …” (Open 5:6). En in die laaste hoofstuk van die Bybel kry ons Hom in sy triomferende posisie: “In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe …” (Open 22:2).
Die “plek” waar hierdie Boom van die Lewe is, is in die Nuwe Jerusalem, en dié weet ons teen die tyd al, is nie ‘n plek nie, but a people (Open 21:12), die Bruid van Christus. Die Nuwe Jerusalem is waar die koninkryk van God volmaak gekom het. Die Bruid van Christus het reeds by dié “plek” op die simboliese geestelike berg van intimiteit, Sion, gekom (Heb 12:22), al bevind hulle hul nog in hierdie wêreld – ons verduidelik dit later in diepte. Maar dáár is die Boom van die Lewe weer beskikbaar – in Open 2:7 word dit soos volg uitgespel: “Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.”
Let asseblief op: die tuin van Eden word nêrens in die boek Génesis, of die ganse Ou Testament, die paradys genoem nie! Dit het ook nie soseer oor Eden (‘n streek) gegaan as oor die tuin wat God in die streek Eden (Gen 2:8; 4:16) vir die eerste mense geplant het nie. Die oorvloed van die tuin was bedoel as ‘n oorvloed van plesier, soos die betekenis van die woordjie Eden in Hebreeus dan ook aandui. Maar in die tuin van Eden was die slang ook L; in Eseg 28:13 word eksplisiet oor Lucifer gesê: “Jy was in Eden, die tuin van God”. In die Nuwe Jersusalem, anders as in Eden, is daar nie meer ‘n slang of verleier of ‘n boom van kennis van goed en kwaad nie. Maar nét die wie se hart “onverdeeld” op Hom gerig is (2 Kron 16:9) sal dáár binnegaan. Die woordjie “onverdeeld” is in die oorspronklike taal: “shâlêm”, waarin jy dadelik (Jerus)salem herken as wortelbetekenis. Dit beteken nie net vrede nie, maar veral ook “perfect, complete” – die state of being waar Hy die middelpunt van die Lewe is, waar géén “double-mindedness” is.
- Sela: Wat is die verband van die lering met Joh 4?
- Lees: Jos 20; Esra 3; Jes 36
- Memoriseer: Jes 36:6
- Vir dieper delf: Lees pp 55-57 in Randy Alcorn se boek Heaven.