Dag 298

“Want die koning van Babel gaan staan waar die paaie uitmekaarloop, by die begin van die twee paaie, om van waarsêery gebruik te maak: hy skud die pyle, raadpleeg die huisgode, bekyk die lewer.” (Eseg 21:21, OAV)

 

By die koperaltaar, by die kruis, is daar veel te verreken. Moet nooit vergeet nie dat dít die plek is waar Satan oorwin en uitgeklee is. In Gen 3:15 is die belofte reeds gemaak dat die saad van die vrou die Satan se kop sal verbrysel. Vroeër is verduidelik dat dit dui op Christus (Gal 3:16). Hy het daar, “nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel (het) … oor hulle getriomfeer” (Kol 2:15). Hy het deur die kruisdood “hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— “ (Heb 2:14). Sela asseblief. Ons kom in latere mannas in detail hierna terug.

Die Satan word prototipies voorgehou as die “koning van Babel” (Jes 14:4). Babel of Babilon dui op “verwarring”, die vrug van “double-mindedness”. Dit bring ‘n eiegeregtige poging voort om deur ‘n godsdiens van werke die god van hierdie wêreld, wat ons in ons “imaginations” geskep het (Rom 1:21; Luk 24:38; 2 Cor 10:5), te bedien. Jesus sê vir diesulkes, ten spyte van hul Christelike vineer: “En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!” (Luk 13:27).

Wanneer jy nie “of one mind” (2 Cor 13:11; Phil 2:2) is nie, bewandel jy nie meer die lewende Weg (Joh 14:6; Jes 35:8; Heb 10:20), Jesus, nie. Jou pad van geloof split in ‘n “geestelike” en ‘n “vleeslike” pad. Soos die Galasiërs begin die meeste gelowiges in die gees (geen “double-mindedness”), maar eindig in die vlees (Gal 3:1). As dit so is, staan die Satan presies dáár waar die paaie uitmekaarloop, en kom daar ‘n handvol wetmatighede in spel wat jou lewe geweldig raak. Allereers gebruik hy waarsêery en word die gelowige verlei tot wederstrewigheid, eiesinnigheid en rebellie (1 Sam 15:23). Die verwarring begin so beslag kry en die gelowige word self in witchcraft vasgevang; dit lei tot “waarsêery en bedrieëry van hulle hart” (Jer 14:14). Hulle dink hulle hoor van die Here en wag dan tevergeefs op die volvoering daarvan (Eseg 13:6).

Satan skud die pyle, wat beteken hy beïnvloed en verwar jou fisiese kinders, maar ook jou geestelike seuns (Ps 127:4-5) deur “brandende pyle” (Ps 7:13; Efes 6:16) op hul af te skiet.

Ook raadpleeg hy die huisgode, met ander woorde die familieongeregtighede. Dinge wat lankal in die gees mee gedeel is, word ewe skielik weer ‘n issue, wat groot moedeloosheid meebring. Terafim (=huisgode) dui ook op vals, oorgelewerde familiegodsdiens, of volksgodsdiens wat weer op jou manier van dink ‘n houvas kry.

En dan bekyk Satan jou lewer. Die lewer is die simbool van onderskeiding, jou geestesvermoë om die werkinge van die koninkryk van duisternis te kan onderskei (Spr 7;23). In ‘n vleeslike bewussyn, kan jy dit nie meer onderskei nie, met die gevolg dat jy meegesleur word deur ‘n aanskyn van godsaligheid, maar iemand word wat die krag daarvan verloën het (2 Tim 3:5). Sodoende val jy ten prooi van die stroom vals leringe wat Satan agter jou aanspoeg (Open 12:15). Skrik.

 

  • Sela: Is jy ‘n vleeslike gelowige? Toets die eienskappe hierbo aan jou eie lewe, biddend.
  • Lees: Jos 21; Esra 4; Jes 37
  • Memoriseer: Jes 36:31-32
  • Vir dieper delf: Luister Tom Gouws se cd-lering: Die dier wat is wat nie is nie (Deel II).