“Ek was ‘n dier by U.”
(Ps 73:22, OAV)
As die naakte mens uit ongehoorsaamheid verkeerd kies, maak hy hom los van die heerlikheid van God wat hom soos ‘n kleed bedek, en word hy kaal, “shrewd, subtle, crafty”, exposed en soos ‘n dier. In so ‘n toestand het Dawid gesê: “toe was ék dom en het niks geweet nie; ek was ‘n dier by U” (Ps 73:22).
In die vorige manna het ons tot by hierdie insig gekom: Omdat alle geskape wesens vrye wil het, selfs die engele, kan hulle kies en verkeerd kies – daarom ontdek God selfs in sy engele dwaling (Job 4:18)! [Daarom sal die Bruid eendag ook die engele oordeel – sien 1 Kor 6:3. Later meer daaroor.] Maak dít dan net vas: Adam en Eva se naaktheid was die verlies van heerlikheid. Hulle was skaam want deur die Woord wat tot hulle gespreek is was hulle “naked and have been exposed” en niks anders as diere nie
Toe God vir Adam en Eva na die sondeval aangetrek het met ‘n rok van vel, is die oorspronklike betekenis van “rok” in Hebreeus “covering”. Vir die eerste keer in die bestaan van Adam en Eva het die begrip “dood” vir hulle beslag gekry. God het hul immers gewaarsku as hulle van die boom van die kennis van goed en kwaad eet, sal hulle sekerlik sterf (Gen 2:17). Nou moes hulle ‘n voorbeeld kry van wat dood beteken (net soos Noag moes probeer verstaan wat die begrip reën beteken voor hy ooit geweet het wat dit kan wees!), en moes hulle verstaan dat ‘n onskuldige ‘n skuldoffer moes word om hul naaktheid te bedek. Die geestelike wetmatigheid ten grondslag hiervan is: “Die bloed bewerk versoening deur die siel.” (Lev 17:11). In hierdie bekleding van die eerste mense word ‘n prototipe gevestig dat net die onskuldige offer se bloedlating vergifnis kan bring.
Die “rokke van vel” het derhalwe ook die funksie dat die mens vir die eerste keer gesien het dat as jou gees nie lewe nie, het jy en ‘n dier presies dieselfde status: jul het albei ‘n sieldimensie en ‘n sterwende liggaam. Mens en dier is derhalwe nie verskillend nie. Die Prediker het dit pragtig gekenskets: “I said in mine heart concerning the estate of the sons of men, that God might manifest them, and that they might see that they themselves are beasts. For that which befalleth the sons of men befalleth beasts; even one thing befalleth them: as the one dieth, so dieth the other; yea, they have all one breath; so that a man hath no preeminence above a beast: for all is vanity. “ (Ecc 3:18-19).
Dit het die implikasie dat die mens sonder sy geesvermoë nét aan sy vleeslike mens gestalte kan gee. Die nie-wedergebore mens bedink ook net vleeslike dinge (Rom 8:5), en is daarom vleeslik (Spr 23:7) en dit bring nét dood voort (Rom 8:6); en so ‘n denk- en leefstaat is vyandskap teen God (Rom 8:7)!
Maar wat presies is hierdie “heerlikheid” wat die mens in die tuin van Eden verloor het? Joh 1:14 spel dit uit: “En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.” Ons het dít verloor: genade en waarheid.
- Sela: Sela oor hierdie definisie van heerlikheid wat ons nog altyd misgekyk het.
- Lees: Jos 24; Esra 7; Jes 40
- Memoriseer: Jes 40:5 (en juig oor God se sinchronisasie!)
- Vir dieper delf: Luister na Lukas Scheepers se cd-lering: Van heerlikheid tot heerlikheid.