Dag 303

“Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.”

          (1 Kor 15:46, OAV)

 

Die prototipiese betekenis wat Kain en Abel dra, is dat alhoewel hul nie strenggesproke ‘n tweeling was nie, kan ons gemaklik sê dat hulle in die gees “getwin” is. Hul “baring” het dié twee in ‘n direkte (simboliese) verhouding met mekaar laat staan. Die eersgeborene word Kain genoem, wat “possession” en “smith” beteken . Dit pas dan ook duidelik dat hy ‘n “tiller of the earth” van beroep was, iemand wat durend die vloek sou gestalte gee dat die mens homself moes bewerk. In die Nuwe Verbond is Kain die voorbeeld van die vleeslike mens wat op sy eiesinnige manier God probeer dien met vals offers. Kain staan duidelik vir die vleesmens.

Gebore uit die vleeslike godsdienssisteem (waarvan Eva hier voorbeeld word), word gelowiges ‘n identiteit gegee van “vanity”. Die Hebreeuse wortel van Abel se naam is “Asem” (Hebel), dus nie “Ruach” nie, want dáárdie asem het verdwyn toe die geesmens gesterf het in die tuin van Eden (Jes 42:5). Die asem in die mens gaan dus gepaard met dié onderlinge gesug: Wat is die mens? Hierdie lewenshouding het Dawid goed beskryf in Ps 39:4-5: “HERE, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is. Kyk, U het my dae ‘n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.” Of soos in Ps 103:15-16: “Die mens—soos die gras is sy dae; soos ‘n blom van die veld, so bloei hy. As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.” Dis dieselfde tevergeefsheid waarin Salomo verval het in die boek Prediker – dit gebeur as die vleesmens beheer oor die geesmens kry: “want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie” (Gal 5:17). [Al het Salomo al die wysheid en gawes en wat ook al ontvang, het sy ongehoorsaamheid hom in vanity laat verval.]

Absoluut parallel aan die verhouding tussen Kain en Abel, is die verhouding van Esau en Jakob. Hier het ons inderdaad ‘n tweeling, maar die “vleesmens” Esau is die eersgeborene, daarna manifesteer die “geesmens” Jakob. In hierdie lig kan ons verstaan dat God sê dat Hy Kain haat, en dat God bepaal het dat die oudste die jongste sal dien (Rom 9:12-13). Dit is soos 1 Kor 15:46-49 dit raak stel: “Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.” Kortom: almal wat gebore word, is allereers vlees, maar die gees het hom as ‘t ware aan die enkel beet (Gen 25:26; Gal 4:29)! Die hand van die geesmens bring die “covering” daar waar dit simbolies sluit om die hakskeen, dié plek waar die slang die mens sal byt (Gen 3:15).

  • Sela: Praat met die Here oor jou moontlike identiteit van “vanity”.
  • Lees: Lev 2; Esra 9; Jes 42
  • Memoriseer: Jes 42:16
  • Vir dieper delf: Lees Fritz Springmeier se Bloodlines of the Illuminati en sien hoe ongeregtighede in bloed voortplant.