Wie het die waters in ‘n kleed saamgebind?” (Spr 30:4, OAV)“
Met jou bekering en wedergeboorte het Christus op sy troon kom sit in jou lewe. ‘n Troon is die setel van outoriteit en koningskap. As Christus daar sit, stuur God sy Gees om deur jou te waai (Joh 3:8). Ps 147:18 sê dat – net soos in die natuurlike realm – as Hy sy Wind laat waai, loop die waters! As jy gedoop word met die Heilige Gees, word die Gees van God ‘n stroom wat uit jou binneste vloei. Ps 105:41 stel dit pragtig: “Hy het ‘n rots oopgemaak, en waters het gevloei; dit het geloop deur die dor plekke—’n rivier!” Dit is hierdie rivier, sê Open 22:1 wat uit die troon van God vloei: “En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.” Daarom is dit so mooi dat hierdie waters ‘n bekleding word, ‘n oordekking, die blou mantel van jou as priester. (En onthou: blou is nie ‘n kleur; dit dui op die diep onpeilbare!)
Elke gelowige wat ‘n waterlose fontein is, miswolke voortgedrywe deur ‘n stormwind (2 Pet 2:17), waterlose wolke deur winde rondgedrywe (Judas 1:12), gelowiges wat soos ‘n stroompie wegraak in die sand (Job 6:15), wat geslote fontein bly (Hoogl 4:12), gee outomaties langsamerhand beslag aan die gees van die antichris. Anti as voorvoegsel dui nie op teen nie, maar op in die plek van (2 Thes 2:4). Ek vermoed dat die groot stryd in die eindtyd gaan wees tussen die Bruid and the wolf in the disguise of Christianity. Jer 14:3: “And their nobles have sent their little ones to the waters: they came to the pits, and found no water; they returned with their vessels empty; they were ashamed and confounded, and covered their heads.”
Met dit in gedagte begin ek verstaan waarheen demone gaan as hul uitgedryf word (Mat 12:43): na waterlose plekke toe, Christene wat sonder die Heilige Gees opereer. Om hierdie rede is dit so van belang om te sorg dat die tempel (=jy, 1 Kor 3:16) skoongemaak word van al die vals geeste wat in jou is en voorgee dat hulle die Heilige Gees is (Joh 2:16). Na die huis skoongemaak is, moet dit nie leeg staan nie, maar gevul word met die ware Heilige Gees (Mat 12:44-45).
- Sela: Bid in gees en waarheid dat God alle geeste wat hul voordoen as die Heilige Gees sal verwyder. Maak seker dat as die tempel skoon is, dit verseël word met die Heilige Gees.
- Lees: Gen 31: Ps 31; Mat 2.
- Memoriseer: Ps 31:15 (Eng :16): “My tye is in U hand.” Laat hierdie gebed jou daaglikse tydsbestuur begin rig, to redeem your time unto the Lord.
- Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die antichris bewoon reeds die tempel.