Dag 32

 

“My purpose in writing is simply this: that you who believe in God’s Son will know beyond the shadow of a doubt … the reality and not the illusion.” (1 Joh 5:13, MSG)

Gister se manna was vir baie gelowiges baie onrusbarend, veral omdat ‘n mens dikwels nie weet dat daar ander geeste is wat hulleself voorhou as die Heilige Gees nie. Die wetmatigheid wat ek gevind het in die bevryding van mense met hierdie demoniese gees, is dat hulle dikwels in ‘n geestelike konstruk was. Daarmee bedoel ek dat hulle in ‘n godsdienstige verbeeldingswêreld leef wat geweldig ver verwyder is van die objektiewe realiteit. Ons moet onthou: “the reality belongs to Christ” (Kol 2:17b, ISV)! Die waarskuwing in Ecc 7:18b (MSG) is hier van groot belang: “A person who fears God deals responsibly with all of reality, not just a piece of it.” 

Een so ‘n ervaring met iemand wat in so ‘n verbeeldingswêreld leef, was vir my as berader besonder ontstellend. Dit was ‘n doodgewone jongman, ‘n gelowige, wat op die oog af nie veel probleme het nie. Tog was hy geweldig vreesagtig en het ek (en hy) ervaar die Engel van die Dood het ‘n aanspraak op hom. Die Heilige Gees gewys dat hy in ‘n verbeeldingswêreld leef. Hy was klein in sy eie oë, minderwaardig, en daarom het hy allerhande wêrelde geskep waarbinne hy suksesvol, aantreklik, ryk, gewild is, ens. Die Heilige Gees gee toe strategie om hom na een van daardie wêrelde te begelei en te vra of God daar is. Toe ek die vraag vra, het die demone geweldig begin manifesteer. God was nie in daardie verbeelde, geromantiseerde wêreld nie, dit was ‘n plek waar verskeie bose gestaltes hulleself gerieflik tuisgemaak het, ‘n “habitation of the wilderness”, soos Jer 9:10 dit noem. 

Soms is daar selfs ‘n geestelike konstruk gebou van diep geestelike ervaringe, waarmee jy besig gehou word. Dan is Rom 1:25 (WNT) op jou van toepassing: “For they had bartered the reality of God for what is unreal …” Jesus sê vir die vrou by die put Hy soek aanbidders wat Hom in gees en waarheid aanbid (Joh 4:23-24). Een van die grondbetekenisse van die woordjie waarheid is realiteit! Onthou: If it is not real, it is not God. Aanbid Hom in gees en realiteit.

ï         Sela: Probeer bepaal of jy in ‘n geestelike konstruk lewe. Een wyse waarop jy dit kan agterkom, is of jou geestelike ervaringe iets aan die realiteit verander. 

ï         Lees: Gen 32 (hierdie Skrif is vandag belangrik tov die lering): Ps 32; Mat 3

ï         Memoriseer:  Mat 3:11

ï         Vir dieper delf:  Luister na Tom Gouws se cd-lering: False constructs.