“sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry en aan die geloof
en ‘n goeie gewete vashou”
(1 Tim 1:18b-19a, OAV)
In die vorige manna het ons die twee perspektiewe op werke, voor en na bekering, verduidelik. Heb 9:14 praat egter daarvan dat die bloed van Jesus die “gewete reinig van dooie werke”. Hierdie gelade frase kan net in die regte perspektief gesien word as ons vir ‘n oomblik stilstaan by die hele ontwykende kwessie van die menslike gewete. Andrew Murray beskou die herstel van die gewete as die grondslag van die lewe in die nuwe verbond: “Faithfulness to conscience is the first step in the path of restoration to the Holiness of God. Intense conscientiousness will be the groundwork and characteristic of true spirituality.” Hieruit blyk die belangrikheid daarvan om deeglik oor die gewete te besin.
Webster’s se woordeboek gee die volgende ruim definisie van “gewete”: “Internal or self-knowledge, or judgment of right and wrong; or the faculty, power or principle within us, which decides on the lawfulness or unlawfulness of our own actions and affections, and instantly approves or condemns them.”
In ooreenstemming met die woordeboekdefinisie hierbo is dié raak omskrywing van gewete uit Rom 2:15 – “gedagtes (wat) mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig”. Die Murdock-vertaling noem dit “(your) own reflections rebuking or vindicating one another”. Gewete blyk ‘n ingeskape vermoë van God in die sielsdimensie van die mens te wees om homself ten opsigte van reg/verkeerd, waarheid/leuen of lewe/dood te posisioneer. Alle mense, ook die heidene, het ‘n gewete, sê Rom 2:14. Ons lees in Joh 8:9 dat die Fariseërs se gewetes hul bestraf het. Die gewete, tesame met die geesdimensievermoë om gemeenskap met God te hê, was die mens se toerusting om in gehoorsaamheid voor die soewereine God te wandel en terselfdertyd die verantwoordelikheid te dra van iemand met ‘n vrye wil wat as ‘n moral being in integriteit keuses uitoefen. \
Nadat Adam egter met die sondeval sy geesvermoë verloor het om gemeenskap met God te hê, het die mens net sy gewete gehad om hom op die regte pad te hou. Maar die gewete is ook deur die sondeval gekontamineer (twee goeie voorbeelde daarvan is in Joh 16:2 en Hand 26:9). Om hierdie rede praat Tit 1:15 daarvan dat die gewete “besoedel” kan word en verwys 1 Tim 4:2 (GNB) na “(those) whose consciences are dead, as if burnt with a hot iron”.
In hierdie lig kan ons verstaan dat Andrew Murray hierbo sê dat dit die eerste stap ná redding is om ernstig aan aandag te gee. Saam met die herstel van die sielsdimensie – die wil, die emosies en die intellek – word die genesing en die doeltreffende funksionering van die gewete letterlik “die einddoel van ons geloof” (1 Pet 1:9). Kortom: in die wedergebore mens moet ons gewete saam met die Heilige Gees getuig (Rom 9:1). Derhalwe het ons gewete duidelik “’n getuienis” voor God en mense (2 Kor 1:12).
Om hierdie spesifieke rede is dit een van die dinge waarop Paulus heeltyd hamer. In Hand 24:16 sê hy byvoorbeeld: “Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense ‘n rein gewete te hê.”
- Sela: Vra die Here na die toestand van jou gewete.
- Lees: Lev 20; Sag 2; Jes 60
- Memoriseer: Jes 60:1-3
- Vir dieper delf: Lees die artikel http://www.worldinvisible.com/library/murray/7764/776421.htm