“For we are God’s [own] handiwork (His workmanship), recreated in Christ Jesus, [born anew] that we may do those good works which God predestined (planned beforehand) for us [taking paths which He prepared ahead of time], that we should walk in them [living the good life which He prearranged and made ready for us to live].” (Eph 2:10, AMPL)
Hierdie Skrifgedeelte hierbo behoort alle dispute oor dooie goeie werke vir altyd te beslis. Hier lê so ‘n geheimenis in opgesluit. As jy uitgemaak het vir jouself “that you are called according to His purpose” (Rom 8:28), ontvou daar ‘n lewe van gehoorsaamheid wat jou nét laat doen wat jy Hom gesien doen het. Alles is mos alreeds klaar gedoen – jy moet net daarin loop!
Vergun my weer ‘n bietjie Geesverbeelding, asseblief – ek vertrou dat dit iets sal demonstreer om hierdie ongelooflike waarheid by jou tuis te bring. Dit kon die volgende dag gebeur het ná die genesing by die bad van Bethésda plaasgevind het. Vroeg, terwyl Jesus by sy Pa kuier.
Dis asof Ek vanoggend heeltyd die een ding onthou wat Ek vir die dissipels gister gesê het, Pa. Ek weet dis die waarheid, maar dis asof ek nog nie die volle implikasies daarvan snap nie. Onthou Pa, ek het vir hulle gesê wat Pa gesê het: “Want die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy self doen. En groter werke as hierdie sal Hy Hom toon, sodat julle verwonderd kan wees.” Maar Ek verstaan dit nie heeltemal nie.
Wat pla jou, Seun?
As Pa dan alles klaar gedoen het, en dit vir ons vooraf wys om dit net te … voltooi, wat is die groter werke wat Pa gesê het Pa vir My sal wys sodat die mense verwonderd sal wees?
Hoekom dink jy het ek net die een man gister genees?
Pa kan seker doen wat Pa wil?
Jy behoort te weet dis nie waar nie. Al is Ek soewerein, geskied al my besluite rondom dit wat ten goede meewerk, al lyk dit soms vir mense onregverdig of kleinsielig. Ek kan nie anders as goed wees nie, Seun. En Ek wil my heerlikheid op die aarde herstel. Ek droom nou al hoe lank hoe die kennis van die heerlikheid van die Here die aarde gaan oordek soos die waters van die see …
Pa?
Alles wat in die voortyd gebeur het, met Moses, en Simson en Dawid, ja, en ook alles wat jy hier doen, is kleedrepitisies vir dit wat voorlê as die Nuwe Verbond eers gekom het. Wie was die hoëpriester wat in die tyd van Nehemia die skaappoort herstel het?
Ek dink dit was Eliashib, Pa.
En wat beteken sy Naam? God sal herstel, onthou Jy? Wat sou Ek herstel ter wille van die skape? Wat profeteer die boekrol van Jesaja oor Bethésda, Seun, en oor die waters van Síloa?
Wow, briek die vuurperdewa, Pa! Jesaja het van hierdie dam gesê: “En julle maak ‘n dam tussen die twee mure vir die water van die Ou Dam; maar julle kyk nie na Hom wat dit gedoen het nie, en Hom wat dit lankal beskik het, sien julle nie.” En van die waters van Silóa wat daarin vloei: “Omdat hierdie volk die waters van Silóa verag wat saggies vloei …”
Hoe lank was Israel in die woestyn nadat hulle die wet ontvang het,, Seun? Presies agt-en-dertig jaar. Hoe oud was die man wat gewag het vir die Messias se geopende fontein van genesing?En 38 in Hebreeuse gematria beteken “Sy heerlikheid”, “Sy hart” en “Die HERE het sy heil bekend gemaak. En Sag 12:10 (Hy glimlag). ” Dis wat gister gebeur het, Seun.
- Sela en memoriseer: Al die Skrif wat hierbo ingeweef is.