“die bloed vir die sonde” (Heb 13:11, OAV)
In hierdie subtema oor die effek van die bloed van Jesus hanteer ons tans die premisse wat Heb 9:14 stel: “die bloed van Christus … (sal) julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien”. In die vorige manna het ons uitgewys hoe Jesus nét dit gedoen het wat die Vader vir Hom voorberei het om te doen. Dít word die definisie van die werke wat God van ons verwag. Ons het die Skrif uit Eph 2:10 (Ampl) gebruik om met die verhaal van die genesing van die man by die bad van Béthesda te probeer illustreer: “For we are God’s [own] handiwork (His workmanship), recreated in Christ Jesus, [born anew] that we may do those good works which God predestined (planned beforehand) for us [taking paths which He prepared ahead of time], that we should walk in them [living the good life which He prearranged and made ready for us to live].”
In reliëf met die Skrifgedeeltetjie uit Hebreërs hierbo, is dit belangrik om hierdie saak vas te maak. Ons weet dat die woordjie “sonde” in Hebreeus en Grieks dui daarop om jou “merk te mis”. Hierdie “merk” sou mens die beste kon vertaal met die Engelse woord “benchmark”. God het ‘n bepaalde skeppingsdoel, ‘n redemptive purpose, met elke persoon se lewe. Sonde is dus, soos Thayer’s Greek Definitions dit (gekompuleerd) definieer: “to wander from the path … assigned to one”, “to be without a share in … (your) destiny”. Die bloed, sê die Skrif hierbo, is vir die sonde, met ander woorde daarmee word ons gewetes gereinig van dooie werke! Die bloed van Jesus is dus direk daarvoor verantwoordelik om jou te haal uit die paaie waar ons almal gedwaal het (Jes 53:6; Rom 3:11), en die eiesinnige pad wat ons geloop het (Num 22:32) om ons op die uitnemender weg (1 Kor 12:31) te plaas.
Kom ons illustreer dit aan die hand van Josef as prototipe. ‘n Belangrike keerpunt in Josef se lewe ten opsigte van die bewusword van sy Goddellike skeppingsdoel kry ons in Gen 37:12-22. Sy pa stuur hom om sy ouer boeties te gaan sien. Hy antwoord sy pa in vers 13b: “Hier is ek.” Hierdie spesifieke stelwyse word deurgaans in die Hebreeuse Bybel as ‘n literêre stylelement gebruik om “moments of destiny” uit te wys. Die Hebreeuse term hineh beteken: ‘hier’ of ‘Aanskou’ (‘Behold’), “and has the effect in biblical narratives of shifting what follows into the present tense … The biblical construct is intended to portray a moment of real presence in which the ego is truncated as an individual’s destiny begins to unfold”. (Brain Lanchaster, p 157).
In vers 15 gebeur die volgende: “Daarop kry ‘n man hom terwyl hy in die veld ronddwaal, en die man vra hom: Wat soek jy?” Bybeleksegete is dit eens dat hierdie “man” niemand anders as die “engel van die verbond” (Mal 3:1), Jesus, is nie! Na hierdie ontmoeting ten opsigte van Josef se destination verander die tyd in die teks van die verlede tyd na die teenwoordige tyd.! Sela. Josef se soeke na die pad van sy roeping het begin inskop, en dit neem ‘n aanvang met sy antwoord vir die man in vers 16a: “Ek soek my broers.” Josef se naam beteken: “God will add another son”, wat op sy identiteit dui – hy moet baie broers lei van ongehoorsaamheid tot die gesindheid van regverdiges (Luk 1:17).
Hierdie pad van Josef word uiteindelik “die weg van geregtigheid” (Spr 8:20), “die pad van die lewe” (Ps 16:11; Spr 15:24), waar hy op Jesus se “spore van geregtigheid” (Ps 23:3) loop! In die volgende manna spel ons die praktiese implikasies hiervan uit.
- Sela: Kan jy so ‘n “moment of destiny” in jou lewe identifiseer?
- Lees: Lev 24-25; Sag 6-7; Jes 64-65 (om op te maak dat jy met die vorige manna kwytgeskeld is).
- Memoriseer: Jes 64:4-5 (en sien God se hand in die sinchronisasie van die teks!)
- Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering: “Lo and behold”.