“if then the Son may make you free, in reality ye shall be free” (Joh 8:36, YLT)
Dag 32 het gehandel oor die feit dat gelowiges dikwels leef in ‘n verbeeldingswêreld which is void of God. Dag 33 het gedeel met die feit dat as ons nie deur die Gees van God gelei word (Rom 8:14) in alle fasette van ons lewe nie; dit lei tot geweldige frustrasie in ons geloofslewe, en veroorsaak dat ons dikwels opstandig, rebels en onvergenoeg word. In die lering van vandag moet ons hierdie twee dinge naasmekaar stel en uitwys dat gelowiges wat nie vervuld is nie, dikwels terughunker na ‘n bestaan vóór hul bekering en wedergeboorte, en dan ontsnap deur die begeertes van daardie lewe, maar dan, ironies genoeg, daarmee gevang word in ‘n konstruk.
Ons voel dikwels vasgevang op die geloofspad, maar sonder die byvoordele wat ons gedink het deel van die pakket is. Dít veroorsaak weer dat ons naïewelik en geromantiseerd terugverlang na die skynbaar ongekompliseerde tydperk toe ons nog in die wêreld was – ons verlang ons na die vleispotte van Egipte.
Eks 12:38 vertel dat die groep Israeliete saam met hulle ‘n “gemengde bevolking” gevat het wat nie Israeliete was nie; hulle was bes moontlik buddies in die land van slawerny, of dan mense wat gesien het dat God ‘n saak gehad het met hierdie groepering mense, en toe gevoel het hulle wil ook saam. Alhoewel hulle “proseliete” genoem is, m.a.w mense wat tot die Joodse geloof bekeer het, was nie almal van hulle heelhartig sáám in die transformasie van ‘n nuwe nasie nie. Ons lees byvoorbeeld in Num 11:4: “En die gemengde bevolking wat onder hulle was met lus bevang.” Hierdie “gemengde saad”, of dan: unholy alliances, het die Israeliete verlei: “Toe het die kinders van Israel ook weer geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? Ons dink aan die visse wat ons in Egipte verniet kon eet, aan die komkommers en die waterlemoene en die prei en die uie en die knoffel.” (vers 4-5).
Dit wat God gegee het, die manna, was nie meer voldoende nie. As jy verlei word, is jou palet vir die sonde baie meer dwingend, gewaagder, uitspattig, wild. Die onmoontlike kan moontlik word. En alvorens jy dit wat jy begeer het, droom jy reeds daaroor, bou ‘n konstruk van begeerte waarin jy jou fantasieë na hartelus kan voed. Daarom praat hulle die meelopers na, en sê hul: “Maar nou is ons siel dor; daar’s glad niks nie: net die manna is voor ons oë.” (vers 6).
Dis baie interessant dat die Midrash, wat deur die eeue die optekening van die kommentaar van die rabbi’s op die Torah is, hierdie kommentaar by die gedeelte oor die manna gee: Die manna was soos miniatuur soet wafeltjies. Maar vir die persoon in die woestyn, wat in geregtigheid geloop het, dus in right standing met God was, as hy/sy die manna in die mond gesit het, het dit verander in die smaak van dit wat ook al die begeerte van hul hart was! As ek dus vanoggend lus was vir braaiboud en aartappels, en ek sit die soete wafeltjies in my mond, het dit geproe na braaiboud en aartappels! Of na vars vrugteslaai, of na wat ook al jou begeerte was! Mits jy in geregtigheid voor Hom geloop het. Dis net God wat so ‘n patent kan uitdink ☺
Die ouens wat dus in die woestyn deur lus oorval was, was dus nié in right standing met God nie. Dis ‘n mooi illustrasie wat wys hoe waar Jak 1:13-15 is: “Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.”
Jakobus sê dan in vers 16: “Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.” Wat net elf dae in die woestyn moes gewees het, het uiteindelik veertig jaar lank geduur!
Die kultusfilm The Matrix se slogan het in die omgang ‘n algemene, eietydse sêding geword: “Welcome to the real world.” Dit is deur die eeue ‘n raak beskrywing van een van die grootste krisisse rondom geloofsbelewenis. Geloof werk per definisie met ‘n ongesiene realiteit, dit is immers “‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Heb 11:1). Os Guinness maak hierdie stelling: “(M)any modern Christian believers are atheists unawares. Professing to be believers in supernatural realities, they are virtual atheists; whatever they say they believe, they show in practice that they function without practical recourse to the supernatural.” Die meeste Christene bely met hul mond, maar hul hart is ver van God se realiteit af (Mat 15:8). Dallas Willard sê dit raak: “Spirituality is a matter of another reality.” In Karel Schoeman se terme, is dit ‘n ander land.
Hierdie fisies ongesiene geestelike realiteit is nie onwerklik nie. Dit is ‘n wêreld met ‘n eie dinamika, ‘n eiesoortige energie, en ‘n totaal eie mode of operation. Alhoewel Paulus uitspel dat ons in die wêreld is, maar nie van die wêreld nie, bly dit by die meeste gelowiges ‘n teoretiese kenne en nie ‘n elkedagse uitleef nie. En selfs al sien hulle dit, leef baie min daarbinne: “It is quite common for people to trumpet that they have been ‘born again’ yet exhibit no signs of living in the supernatural dimensions of the reality they have been born into.” (weer Guiness).
Weet vandag: “Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.” (Mat 5:6).
- Sela: Hierdie lering raak ‘n wye verskeidenheid sake aan: ‘n geestelike konstruk void of God, en hoe jy dit bou met onvergenoegdheid en murmurering. En hoe verkeerde alliansies en begeerte jou in sirkels laat dwaal om in hierdie konstruk nie jou skeppingsdoel te volvoer nie. Bid met dringendheid oor die 2 aanhalings van Guinness hierbo, en kom in right standing.
- Lees: Gen 34 & 35: Ps 34 & 35; Mat 5 & 6
- Memoriseer: Kyk hoeveel jy uit Mat 5 en 6 kan memoriseer – jy sal verbaas wees.
- Vir dieper delf: Lees Merlin Carothers se uitmuntende boek: Prison to praise.