dag 344

“I alone know the plans I have for you”

(Jer 29:11, GNB)

 

Net ‘n paar notas oor hierdie “bondsvolk”, wat “die HERE ter wille van sy grote Naam behaag het om van hulle vir Hom ‘n volk te maak (1 Sam 12:22), “to make you a people unto Himself” (ASV).

In Deut 4:33-39 spel God vir hulle hierdie peculiar posisie uit onder al die ander volke van die wêreld: “Het ‘n volk die stem van God uit die vuur hoor spreek, soos jy gehoor het, en in die lewe gebly? Of het ‘n god probeer om vir hom ‘n nasie uit ‘n ander nasie te gaan neem deur versoekinge, deur tekens en wonders en deur oorlog en deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade soos die HERE julle God met julle voor jou oë in Egipte gedoen het? Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die HERE God is; daar is geen ander buiten Hom nie. Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor. En omdat Hy jou vaders liefgehad en hulle nageslag na hulle uitverkies het, en Hy self jou deur sy grote krag uit Egipte uitgelei het, om nasies groter en magtiger as jy voor jou uit te verdrywe en jou in te bring om hulle land aan jou as erfenis te gee soos dit vandag is— daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.”

Hierdie volk het in Egipte hul geroepe identiteit as volk in slawerny verloor. Die ander volkere het saamgesweer teen God se plan en volk: “Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.” (Ps 83:5).

Dis nie nou die geleentheid om te let op hoe God hierdie klomp slawe met ‘n slawementaliteit in ‘n woestyn laat rondmaal het om hulle tot volk te maak nie, nee. Ons sal later kyk na die prototipiese betekenis vir ons vandag, ook slawe in die wildernis op pad na die Beloofde Land. Maar een ding is seker: Israel as volk was uit Egipte uit, maar Egipte was nie uit hulle uit nie. Daar moes ‘n totale nuwe social engineering plaasvind, ‘n heropvoeding op alle terreine, ‘n heroriëntasie ten opsigte van God se bloudruk.

Gedink jy het probleme? ‘n Amerikaanse weermagkwantifiseerder het uitgewerk dat om hierdie meer as 3 miljoen mense deur die woestyn te kry, was die volgende nodig: + 1500 ton kos ‘n dag; 4000 ton vuurhout per dag; 1 miljoen gallon water vir daaglikse gebruik; en geen toilet of boom nie J Onthou: hulle is arm, het geen skole nie, geen regering, ekonomie, land, weermag, industrie, landbou, geloofsisteem nie. Hulle het ‘n welsynsmentaliteit en slegte werksetiek. Hulle is onderdruk en geviktimiseerd en het in ‘n mank sosiale sisteem gefunksioneer. Landa Cope, wat al hierdie dinge só enumereer in haar The Old Testament Template sê dan: “They are, without a doubt, the largest, most undeveloped mass of people that has ever existed on the face of the earth.”

Dit is vir hierdie destitute mense wat God sê: I will make you a people. Dis vir hulle wat Hy sê: “I alone know the plans I have for you, plans to bring you prosperity and not disaster, plans to bring about the future you hope for.” (Jer 29:11, GNB). Sodat al die nasies daardeur tot God kan keer, “wat wil hê dat alle mense gered word” (1 Tim 2:4).

 

  • Sela: Dan 7:27 is ontsettend belangrik binne hierdie lering. Bid daaroor.
  • Lees: Num 16;  Dan 7; Eseg 17
  • Memoriseer: Dan 7:27
  • Vir dieper delf: Lees Landa Cope se An introduction to the Old Testament Template.