“… van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel
en op te bou tot op ‘n Gesalfde …”
(Dan 9:25, OAV)
Ons kry dikwels getuienisse van mense wat sy manna vir die week oopmaak en dan wonderbaarlik ervaar hoe God hom of haar op iets baie spesifieks antwoord . Baie keer sal mens dit as “toevallig” afmaak, maar vir die gelowige is dit eerder: “en toe val lig”! Inderdaad is ons aan die senderkant ewe verwonderd oor “God’s mysterious ways” (1 Cor 4:1, CEV). Dis byvoorbeeld vandag absoluut ongelooflik dat toe ons moet uitkom by hierdie spesifieke lering, die daaglikse leesstuk spesifiek Dan 9 insluit. (Dis nie so beplan nie.) As jy hierdie lering sal verstaan, sal dit ‘n enorme impak in jou geestelike lewe hê – ek glo ook dat God hierdie Goddelike sinchronisering so bewerk het om die belangrikheid van die gegewe onder ons aandag te bring.
Ons het uitgewys in die vorige mannas dat Israel as verbondvolk ‘n spesifieke plek onder al die volkere van die wêreld beklee het. Maar met die belofte van ‘n nuwe verbond “Thou wentest forth for the salvation of thy people: for salvation with thy Christ.” (Hab 3:13, DRB). God se plan met sy volk Israel het gaandeweg begin opbou “tot op ‘n Gesalfde” (Dan 9:25), “to build up Jerusalem again, unto Christ” (DRB).
Ps 2:2 het geprofeteer: “Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde” (“against the Lord, and against his Christ” – DRB). En inderdaad het dit gebeur, sodat Petrus en Johannes in Hand 27 na hierdie Ou Testamentiese Skrif verwys en dan sê: “Want waarlik, Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader teen u heilige Kind Jesus wat U gesalf het” (Hand 4:27).
Alhoewel Jesus die Gesalfde genoem is, was dit bloot profeties van aard, want Hy was toe nog nie gesalf nie. [In Hand 4:27 verlei die uitdrukking “u Heilige Kind Jesus wat U gesalf het” ‘n mens om te dink die kind Jesus is gesalf, nee. Die woordjie “Kind” hier moet eerder vertaal word as “Dienaar”, soos die meeste vertalings dan ook doen.] Jesus was tot met sy salwing nie bevestig as die Gesalfde, die Christus, nie! Verstaan asseblief dit, want die hele interpretasie van God se tydlyne is hiervan afhanklik. Dan 9:24 verduidelik dan wat alles moes gebeur met die bondsvolk van Israel oor ‘n tydspan van “sewentig sewetalle” wat “oor jou volk en jou heilige stad” bepaal is: “om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf.” AL HIERDIE DINGE IS IN JESUS VERVUL – in die volgende manna sal ons dit uitwys. Dan word in Dan 9:25 eksplisiet gestel: “Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ‘n Gesalfde, ‘n Vors, is sewe sewetalle; en twee en sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word …”
Hierdie is inderdaad is die eerste verdigte binnevoue van die “geheimenis van die Godsaligheid” wat ons vanaf Manna 222 af begin naspeur het …
- Sela: Om net die Goddelike beskikking op ‘n ander vlak te besef: die gematria van die getal 346 (vandag se mannanommer) is “the Fountain of Life”, Jesus! Toe val Lig!
- Lees: Num 18; Dan 9; Eseg 10
- Memoriseer: Dan 9:24-25
- Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die Bruid se identiteit van Waarheid: Profetiese bloudruk van die Bruid in die Ou Testament.