Dag 350

“En ná die twee en sestig sewetalle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word.”

(Dan 9:26, OAV)

 

Hierdie manna moet saamgelees word met die vorige drie mannas om die konteks te verstaan. Ons is besig om die tydlyn uit die boek van Daniël uit te pluis en het agtergekom dat dit presies korreleer met duidelike Bybelse gebeure, vanaf Artasásta se dekreet aan Esra in 457 v.C, tot met die voltooiing van die muur in 408 v.C, dus 49 jaar. Daarna, as jy nou 434 jaar bytel, neem dit ons van 408 v.C. na 27 n.C. (een jaar moet bygetel word as ons van v.C. na n.C. toe beweeg), toe Jesus volgens die Skrif hierbo “omtrent dertig jaar oud” was en gedoop is en gestalte gegee het aan die “Gesalfde”.

Ons is nou by die eerste gedeelte van Dan 9:26 wat voorspel: “En ná die twee en sestig sewetalle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word.” The Holy Bible from the Ancient Eastern Text (vertaal deur George M. Lamsa) vertaal die eerste deel van vers 26 korrek as “the Messiah shall be slain”. Die Septuagint, die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks, vertaal die volgende gedeelte baie insiggewend as: “ … the Messiah shall be cut off, though there is no crime in Him …”

Jesus die Gesalfde is geslag ná die 62 weke verloop het (van 408 v.C. tot 27 n.C.) Die 70 weke waarvan Daniël geprofeteer het, lyk dus skematies soos volg, gemeet in profetiese weke:

 

ARTASÁTA————›TEMPEL————›JESUS———–›JESUS—————–› ?

GEE OPDRAG             VOLTOOI              GEDOOP           GEKRUISIG

OM JERUSALEM

TE HERSTEL

 

457 v.C.——————–›408 v.C.————›27 n.C.————›30 n.C.———–›33 n.C

49 jaar          +              434 jaar       +       3½ jaar       +         3½ jaar         =   490 jaar

7 “pr weke”     +         62 “pr weke”  +     ½ “pr week”+   ”½ “pr week”       =   70 weke

Die laaste gedeelte van Dan 9:26 stel die volgende gebeure in die vooruitsig: “en die volk van ‘n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ‘n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings”. Met die Gesalfde uit die weg geruim, voorspel Daniël dat ‘n bepaalde eskalering van geweld teenoor die Jode sal begin plaasvind. In Knox se The New Testament-vertaling vertaal hy die laaste deel van hierdie vers soos volg: “Then the army of an invading leader will destroy both city and sanctuary …” Kortom: na Jesus die Gesalfde se kruisiging sal binne ‘n bepaalde tyd die stad, tempel asook die allerheiligste vernietig word deur ‘n weermag en dit word gelyk gestel aan ‘n vloed/oorstroming. Dwarsdeur die Bybel word hierdie beeldspraak gebruik om ‘n ontvouende calamity te beskryf (1 Kron 14;11; Job 38:25; Ps 32:6; Jes 8:8; Dan 11:10 & 22; Nah 1:8). Hierdie bepaalde tyd spel Jesus uit in Mat 24:34 –“Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.”

 

  • Sela: Hoe skud hierdie tydlyn jou eindtydlyn? Wie is “hierdie geslag” in Mat 24?
  • Lees: Num 22;  Hos 1; Eseg 14
  • Memoriseer: Num 22:38b
  • Vir dieper delf: Gaan kyk na Lamsa se uitsonderlike vertaling op lamsabible.com