Dag 351

“hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge

gebeur het nie”

(Mat 23:24, OAV)

 

‘n Gans omvattende eindtydleer is geskoei op Mat 24 se “profetiese rede” oor die eindtyd, en gekoppel met ‘n teologies-eiesinnige interpretasie van Daniël se tydlyn (byvoorbeeld dat die laaste profetiese week van die 70 weke uitgestel is tot aan die einde van die tye, onder meer), het dit allerlei eindtydfiksie meegebring, ver verwyderd van alle Bybelse waarheid. Ons sal met die loop van die manna al die mites rondom die wegraping, die groot verdrukking, die antichris, en so meer, in besonderhede bespreek, maar vir eers is dit belangrik om hierdie detailanalise van die boek van Daniël tot sy logiese konsekwensie te voer.

Baie teoloë en Skrifuitlêers het al redelike eierdanse rondom sekere Skrifte in hierdie verband uitgevoer. (Ek kan nie help om te dink aan Richard Gere se soortgelyke manjifieke tap dance in die hof, in die musical Chicago, om ‘n leuen te probeer verkoop nie J.) Een so ‘n Skrif is die aangehaalde gedeelte hierbo. Een geslag of generasie word deur bykans al die Bybelwetenskaplikes as ‘n periode van veertig jaar gereken. (Om hierdie rede is dit ook simbolies belangrik dat die Israeliete byvoorbeeld veertig jaar in die woestyn was.)  Mat 24 word dikwels gebruik om mense bang te praat rondom die eindtyd, maar Jesus stel dit eksplisiet: “hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie”.

‘n Ander Skrif wat die meeste mense ‘n ongemaklike geestelike riel laat dans, is Mat 10:5-6: “ Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie; maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.” In Mat 15:24 spel Hy dit nog sterker uit, en spesifiek met verwysing na sy koms na die aarde: “Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.” Ja, lees dit weer: Ek is NET gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.

Ons het by Dag 340 begin met hierdie tema as onderdeel van die subtema van die bloed van Jesus, en dit het ons gelei dat die bloed versoening gebring het tussen Jood en Griek/heiden. En toe het ons verduidelik dat hier ‘n geheimenis in gesetel is wat ons nie ons posisie as gewaande heidene in Jesus Christus laat verstaan nie. Ons het toe begin om uit te vind wat die pad van God was met hierdie uitverkore volk, Israel, en hoe dit ons raak. Daniël se tydlyn het ‘n duidelike sleutel ingehou, want dit het geprofeteer dat daar ‘n vaste tydlyn bepaal is deur God rondom die volk van Daniël: Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal … Ons het nou presies uitgewys waar hierdie tydlyn begin, en hoe dit die gespesifiseerde peak tye wiskundig presies vervul. Die enigste vraagteken is die gebeurtenis waartydens hierdie sewentig profetiese weke eindig. Hierby kom ons uit in die volgende manna.

Maar as Jesus in 30 v.C., net voor sy kruisiging profeteer en sê dat hierdie geslag die calamity sal sien wat Daniël in detail uitgewys het, dan moet ons kyk wat veertig jaar na die kruisiging gebeur het. En dan pas die legkaartstukkies sommer duidelik inmekaar. Een geslag na die kruisiging, in 70 n.C., het Titus en sy troepe Jerusalem ingeval en die tempel vernietig.

 

  • Sela: Watter implikasie het hierdie lering vir jou eidntydbeskouing?
  • Lees: Num 23;  Hos 2; Eseg 15
  • Memoriseer: Hos 2:14 & 17
  • Vir dieper delf: Lees Flavius Josefus se Wars of the Jews om hierdie inval histories gedokumenteerd te verifieer.