Dag 359

“He then went on to say, Behold, [here] I am, coming to do Your will. Thus He does away with and annuls the first (former) order … so that He might inaugurate and establish the second (latter) order.”

(Heb 10:9, AMP)

 

Toe Jesus aan die kruis uitroep: “Dit is volbring!”, in Engels: “It is finished!” (Joh 19:30), en daarna sy laaste asem uitblaas, was daardie profetiese proklamasie onder andere die aanduiding dat die vorige orde van die ou verbond streng gesproke tot ‘n einde gekom het.

Lees hoe eksplisiet dit gestel word in Heb 8:7-13: “Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie. Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,  nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here. Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle. Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie. As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning.”

Die nuwe verbond moes dus allereers aan die Jode gebring word en derhalwe het die tydlyn van Daniël aangedui dat die laaste profetiese week van sewe jaar drie definitiewe swaartepunte sou hê:

 

«———›JESUS———–›JESUS—————–› STENIGING

GEDOOP           GEKRUISIG               V STEFANUS

||                             ||                                  ||

«———-›27 n.C.————-›30 n.C.—————-›34 n.C

3½ jaar          +           3½ jaar

½ “pr week”      +        ½ “pr week”

 

Vandat Jesus sy offer “volbring” het, was die ou verbond “naby aan verdwyning”, want dit moes eers vir drie en ‘n half jaar aan die Jode gebied word. In hierdie proses was Stefanus instrumenteel. Teen die einde van Hand 6 hoor ons die murmureringe van die Joodse godsdienstige leiers, wat in Stefanus en die ander apostels se boodskappe begin verstaan het die ou verbond is besig om uit te rafel: die tempel word vervang, die wet word vervang, die priesterskap word vervang, die offers word vervang! In Hand 7:1 vra die hoëpriester: “Is hierdie dinge dan so?” In antwoord daarop predik Stefanus die inhoud van die nuwe verbond, en eindig sy preek met hierdie beskuldiging aan die Jode: “julle wat die wet (= ou verbond) deur die beskikkinge van engele (= boodskappers) ontvang het en tog nie onderhou het nie!” Op grond van hierdie woorde het hulle hom gestenig.

 

  • Sela: Vra die Heilige Gees of jy nog die twee verbonde vermeng.
  • Lees: Num 31;  Hos 10; Eseg 23
  • Memoriseer: Hos 10:12
  • Vir dieper delf: Lees Kelly Varner se The priesthood is changing.