“if ye be Christ’s, then are ye Abraham’s seed, and heirs according to the promise”
(Gal 3:29, KJV)
Een van die ongelooflike eienskappe van die Bybel is dat dit dieselfde waarheid altyd multi-kommunikatief aanbied. Elke waarheid word op ‘n verskeidenheid wyses gekommunikeer, en elkeen sê dieselfde ding, net op ‘n ander manier. Die vorige twee mannas sou mens byvoorbeeld eweneens kon verduidelik nét uit Ps 68, ‘n psalm van Etan.
In hierdie psalm beskryf die psalmis “the deplorable condition of the family of David at this time” (Matthew Henry’s Commentary). Ten spyte van die verskriklike geestelike verval van die huis van Dawid op daardie stadium, gryp die spreker terug na die verbond wat God met Dawid gesluit het (:3) en waarin Hy belowe het: “Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag.” (:4). In vers 26-27 word die konsekwensies van hierdie verbond deur die generasies uitgespel, tot en met dié een, eintlik dan: dié Een “wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil! Ja, Ék sal hom ‘n eersgeborene maak”!
Hierdie geslaglagslyn “van geslag tot geslag” word dan ook die basis van die genealogie van Jesus in Mat 1. Vers 1 lig die drie spilpunte van die geslagregister uit: Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham.” Dan, in vers 2 word die genealogie getrek vanaf Abraham, deur Dawid tot by Jesus.
Baie interessant, egter, is dat vers 17 vir ons verduidelik dat hierdie geslagregister op ‘n baie spesifieke wyse georden is – daar is ‘n wiskundige patroon in die aanbieding: “Al die geslagte dan van Abraham tot Dawid is veertien geslagte, en van Dawid tot die Babiloniese ballingskap veertien geslagte, en van die Babiloniese ballingskap tot Christus veertien geslagte.” Die wiskundige in my het by die eerste lees hiervan onmiddellik dit gaan toets: van Abraham tot Dawid is inderdaad veertien geslagte (vers 2 tot 6a); van Salomo tot die Babiloniese ballingskap is inderdaad veertien geslagte (vers 6b tot 11); en van Seáltiël tot by Jesus (vers 12 tot 16a) is … NET DERTIEN geslagte! Ek het weer gaan tel, en weer, en besef God is onweerlegbaar ‘n gerekende Wiskundige en Hy sal nie só ‘n eenvoudige rekenfout toelaat nie.
Die antwoord hierop is groots. Lees weer vers 16, veral die laaste deel: “en Jakob (11de in die derde veertiental) die vader van Josef (12de in die derde veertiental), die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus (13de in die derde veertiental) genoem word.” Dertien dus.
Maar lees die einde van vers 17 weer: “en van die Babiloniese ballingskap tot Christus veertien geslagte”. Dáár lê die geheimenis in opgesluit: Christus. Jesus die historiese figuur, die Seun van God, die Verlosser van die wêreld was die 13de; Christus, die Gesalfde, is die 14de geslag! Uit Daniël se tydlyn het ons geleer dat alles opgebou het tot op die Gesalfde, wat die regmatige Hoof op die gesalfde Liggaam is (Efes 4:7-16) – wat ons is (1 Joh 2:20 & 27)! Jesus en Christus is nie te skei nie, maar dis krities dat hul onderskei word. 14 + 14 + 14 = bring ons dan by die 42ste geslag. Hierdie geslag dra die bloedlyn van Jesus die Christus. Soos die opskrif by Mat 1 (OV) dit stel: ons is die afkoms van Jesus Christus na die vlees. Sela.
Die sekulêre boek van Douglas Adams The hitchhikers’s guide to the galaxy is gebaseer op die vraag: “What is the answer to the ultimate question of life, the universe and everything?” Die antwoord hierop moes ek en jy geweet het: 42.
- Sela: Probeer die onderskeid tussen Jesus en Christus aan iemand verduidelik.
- Lees: Num 36; Obad 1; Eseg 26
- Memoriseer: Obad 1:21 (van groot belang vir hierdie lering)
- Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die heilige salfolie.