Dag 365

“Hier is ek en die kinders wat die HERE my gegee het—

tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel,

vanweë die HERE van die leërskare wat op die berg Sion woon.”

(Jes 8:18, OAV)

In die vorige manna het ons tot die ongelooflike openbaring gekom dat elkeen wat uit Jesus gebore word, deel het aan sy geslagslyn. Uit Jesus se onverganklike saad (1 Pet 1:23) het ons gestalte gekry! Besef asseblief die implikasie van hierdie 42ste generasie – die masteks boaan Mat 1 verduidelik dat dit die genealogie van Jesus na die vlees is. Daar het dus ‘n misterie (Efes 5:32) plaasgevind, dat ons deur die geboorte van bo af (wat eintlik die regte vertaling van die begrip ‘wedergeboorte’ is) been van sy gebeente en vlees van sy vlees (Efes 5:30) geword het.

Die misterie is dat die fisiese deur die geestelike (wat deur die ‘bo’ aangedui word) ingeneem word. Daar het dus ‘n nuwe geestelike ras (Joh 3:6) op die aarde tot stand gekom uit Jesus wat opgestaan het – elkeen uit Hom gebore het deel aan sy Goddelikheid terwyl ons in die vlees is! Ons het nou sy Goddelike natuur verkry, verklaar 2 Pet 1:14. Nou is dit absoluut duidelik wat Gal 3:28 sê: “Daar is nie meer Jood of Griek nie … want julle is almal een [ras/nasie/saad/geslag] in Christus Jesus.”

In Jes 53:8-10, in die profetiese vooruitskouing oor die dood van Jesus, vra die profeet: “WHO SHALL DECLARE HIS GENERATION? for He was cut off out of the land of the living: for the transgression of my people was He stricken. And He made His grave with the wicked, and with the rich in His death; because He had done no violence, neither was any deceit in His mouth. Yet it pleased the Lord to bruise Him, He hath put Him to grief, when thou shalt make His soul an offering for sin, HE SHALL SEE HIS SEED, HE SHALL PROLONG HIS DAYS, and the pleasure of the Lord shall prosper in His hand.” Deur Jesus se lyding het Hy die eersgeborene geword onder baie broeders, sodat ons gelykvormig kan word aan Hom (Rom 8:29). Dawid het dit al geweet en geprofeteer: “A seed shall serve him; it shall be accounted to the Lord for a generation. They shall come, and shall declare his righteousness unto a people that shall be born, that he hath done this.” (Psalm 22:30-31).

Lees wees die Skrif in Jesaja heel bo-aan die manna. Elkeen van sy seuns wat uit Hom gebore is, is ‘n wonder en ‘n teken. Die wêreld hoef nie meer as ‘n owerspelige geslag te soek na wonders en tekens nie (Mat 12:39) – hulle kan net kyk na ons, wat soos Hy ook begrawe was en opgestaan het! (Dis die teken van Jona wat Jesus na verwys het – lees Mat 12:39-41. Ons verduidelik later wat bedoel word met “saam met Hom begrawe en opgestaan”.) Die profeet Jesaja sê ons woon nou op die berg Sion, iets wat die skrywer van Hebreërs ook uitspel: “Julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem” (Heb 12:22). Vers 23 noem ons: “die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is”. Ons IS korporatief die berg Sion, die Nuwe Jerusalem, die stad van onse God, die vrou van die Lam, die Bruid. Ons is die “express image of the Father in the earth” (Eph 1:22). Kortom: ons is die 42ste generasie.

In latere mannas kom ons op hierdie geheimenis terug, want dit het geweldig implikasies.

 

  • Sela: Verduidelik die 42ste geslag aan iemand.
  • Lees: Deut 1  Joël 1; Eseg 27
  • Memoriseer: Eseg 27:4
  • Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Julle is wonders en tekens.