Dag 371

“julle … was … vervreemd van die burgerskap van Israel”

(Efes 2:12, OAV)

 

Die onderwerp waarmee ons tans besig is, het te doen met die legitiemheid van die Jode se geestelike aanspraak op die land Israel. Kortliks net ‘n opsomming van die bevindinge tot dusver:

 

  • Die eerste argument wat aangebied is, gaan oor die verkeerde gebruik van die tekste van die Ou Verbond sonder die interpretasie van die vervulling/voltooiing in Jesus wat die Nuwe Verbond vereis. Binne hierdie verkeerde manier van die Bybel lees word sekere aannames gemaak wat nie in die geheel van die Skrif aanvaar kan word nie.
  • Tweedens is uitgewys dat die land wat in die verbond met Abraham die volk aangebied is, ‘n eksplisiet geestelike land is, “an inheritance, incorruptible, and undefiled and that cannot fade, reserved in heaven” (1 Pet 1:4, DRB). In Rom 9:4-5 noem Paulus alles wat aan die Jode toevertrou is, maar maak géén melding van die fisiese land nie!
  • Derdens dat dit uitgespel word dat Israel, die land (soos insgelyks die aarde), nie aan die Jode nie, maar aan God behoort. Die nederige sal die aarde beërwe, nie Israel nie.
  • Vierdens: Israel was ‘n “conditional gift” aan die Jode, met ‘n spesifieke voorwaarde – om Hom te dien. Die sekulêre regering en volk van Israel het derhalwe geen reg om aanspraak te maak op God se beloftes aan Abraham nie. Sien Lev 18:24-28. Kyk ook na die kondisionele basis wat Ps 37 by herhaling aanstip. Jer 17:4 spel dit uit: “En jy sal uitval—en dit deur jouself—uit jou erfenis wat Ek jou gegee het …” Die CEV vertaal dit as: “You will lose the land that I gave you …” Duideliker as die kan jy nie kry nie.
  • Vyfdens: die hele basis van ouverbondse geloofsfunksionering het met die vernietiging van die tempel en die verdwyning van die ark van getuienis tot ‘n totale stilstand gekom. Israel is helaas nié meer “the holy land” nie. Kortom: die koninkryk van Israel is vervang deur die Koninkryk van God, en die Koninkryk is nie geografies gebonde nie (sien ook die volgende verwysings: Gen 49:10; Isa 1:26, 9:6-7; Jer 23:5-6, 33:15-17 & 26; Eseg 37:24-27; Oba 1:17-21; Miga 5:2; Sag 9:9 en Luk 22:29). Die hoop dat Jesus die koninkryk van Israel sou kom herstel, soos byvoorbeeld die Emmausgangers gehoop het (Luk 24:21), se presiese teenoorgestelde het gebeur.

 

Die sesde en miskien eenvoudigste dog kragtigste argument vind ons in in Rom 2:7-11, waar Paulus verduidelik dat daar net twee groepe mense op aarde is: die wat gehoorsaam is, en die wat “eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam” is. Hy stel dan eksplisiet dat dit geldend is “vir die Jood eerste en ook vir die Griek”, en maak dan direk daarna hierdie stelling: “Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.” Dit beteken: “For one man is not different from another before God.” (BBE); “God doesn’t have any favorites!” (CEV); “For God does not show partiality.” (ISV). Hierdie waarheid word konsekwent deur die Ou en Nuwe Testament uitgespel (Deut 10:17; 16:19; 2 Kron 19:7; Job 34:19; Psa 82:1-2; Mat 22:16; Luk 20:21; Gal 2:6; Efes 6:9; Kol 3:11 & 25; Jak 2:4 & 9 en 1Pet 1:17).

Dus: God kies ook nie een nasie bo ‘n ander uit nie. In die “commonwealth of Israel” (Eph 2:12) wou God van die begin af sy verlossingsplan vir die ganse wêreld implementeer.

 

  • Sela: Maak in gebed die laaste sin deel van jou geloofsraam.
  • Lees: Deut 6; Amos 3; Eseg 32
  • Memoriseer: Deut 6:4-5
  • Vir dieper delf: Lees Walter C Kaiser Jr se The Christian and the “Old” Testament.