“Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem …”
(Heb 12:22, OAV)
Die swaartepunt van die argument wat deurgaans gevoer is, word met hierdie vers uit Heb 12:22 onteenseglik bevestig. Die Bruid het reeds gekom … by die hemelse Jerusalem. Dis nie die ‘hemel’ waar ons dink ons heengaan nie – ons is reeds daar. Die plek van belang, is nie die fisiese Jerusalem of Israel nie, maar die geestelike een! Jerusalem en Israel was in die Ou Verbond bloot die skaduwee van die vervulling wat Jesus sou bring. Om daarna te wil terugkeer en ‘n tempel te wil herbou, sou beteken dat ons teruggedwing sal word uit die Allerheiligste en dat die geskeurde voorhangsel weer opgerig moet word. Om dit te doen, sou beteken dat ons die kruisdood van Jesus nietig verklaar, want daardie voorhangsel (ook ‘n voorbeeld van ‘n skadubeeld/antitipe/teëbeeld) WAS die liggaam van Jesus, sê Heb 10:20.
‘n Antitipe (Heb 9:24; 1 Pet 3:21) beteken volgens Webster’s: “A figure corresponding to another figure; that of which the type is the pattern or representation. Thus the paschal lamb, in scripture, is the type of which Christ is the antitype.”
In 1885, toe die eerste roeringe van Sionisme meer as ‘n gerug geword het, het daar ‘n Christelike drukgroep in Amerika ontstaan wat die destydse president Benjamin Harrison gevra het om die Jode na die “beloofde land” terug te stuur. By in vergadering in Pittsburg het die konferensie van Reform Rabbi’s (die mees dominante stem van Amerikaanse Judaïsme in daardie tydvak) ‘n verklaring uitgereik wat Jode wêreldwyd se redelike konsensus oor die versoek in geen onseker terme nie uitgespel het: “We consider ourselves no longer a nation, but a religious community, and therefore expect neither a return to Palestine nor a sacrificial worship under the sons of Aaron nor the restoration of any of the laws concerning the Jewish state.” (Aangehaal in Ruether & Ruether: The wrath of Jonah, p. 83).
‘n Militante Ortodokse rabbi, Hayim Eleazer Shapira van Munkacs, een van die prominente voorlopers van die Hongaarse Hasidiese gemeenskap, het onraad begin vermoed en dit sy lewenstaak gemaak om die agenda agter politieke Sionisme en die beoogde verskuiwing na Palestina teen te staan. Die Sioniste, het Shapira verduidelik, “were simply the external manifestation of of demonic influences. Instead of God, it was Satan that now dwelt in Jerusalem. Eretz Israel was not a homeland, as the Zionists maintained, but a battlefield.” Neturei Karta het dit uitgespel: “The state of Israel was the creation of Satan.” (Aangehaal in Karen Armstrong se The Battle for God, pp. 203 & 206).
Wat sou die agenda dan wees agter die totstandkoming van die moderne staat van Israel? Reeds in die 1880’s was daar groot wêreldwye ongemak met die groot finansiële sukses van die Jode. Baie lande wou van hul ontslae raak, maar die Jode in diaspora het gehou van hul omstandighede, en wou geensins beweeg nie. Hoe sou dit enigsins moontlik gemaak word? Dis eenvoudig – begin ‘n kollektiewe bewussyn wat gegrond is op sogenaamde Bybelse beloftes aan die Jode en gee politiek en geregtelik aan die hoop en sentiment beslag. Dit het gebeur met die ondertekening van die Deklarasie van Balfour in 1917. Wat was die dieper (demoniese) beweegrede daaragter?
- Sela: Bedink die Skrif uit Esegiel hieronder biddend voor God.
- Lees: Deut 10; Amos 7; Eseg 36
- Memoriseer: Eseg 36:23-26 (vers 24 is die eintlike Skrif waaroor hierdie lering gaan!)
- Vir dieper delf: Lees die boeke hierbo gespesifiseer.