
“die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.”
(Open 2:9b, OAV)
As ‘n mens eendag ‘n oorsig oor die ganse wêreldgeskiedenis sou hê, dan sou die Rothchild-familie miskien die sentraalste rol van alle mense gespeel het. In sy Bloodlines of the Illuminati skets Fritz Springmeier ‘n haas ongelooflike prentjie van hierdie bloedlyn. Hy som dit soos volg op: “They have indebted kings, manipulated kingdoms, created wars, and molded the shape of the international world. Among the hierarchy of the Illuminati they are revered as a powerful Satanic bloodline.” (p. 228). Dis welbekend dat hul met die eeuwending ongeveer 53% van die wêreld se rykdom besit het in verskanste bates; ook dat hul, byvoorbeeld, die prys van goud daagliks bepaal J.
Die bekende digter, Lord Byron, het in 1823 reeds hul beherende rol in wêreldgeskiedenis poëties só verwoord: “Who keeps the world, both old and new in pain / Or pleasure? Who makes politics run glibber all? /…/ Jew Rothschild and his fellow-Christian, Baring.” Die Familie Rothchild word deur Joodse Vrymesselary “the Kings of the Jews” genoem. Hulle was grootliks verantwoordelik vir die konseptualisering van die politieke bewussyn van Sionisme, nadat Zevi Hirsch Kalischer in 1836 die Rothchilds genader het om die geheel van “Erez Israel” te koop. (Erez Israel sou in spreektaal genoem kon word: die beloftegrond van Israel. Die “erez” is ‘n sederboom, wat hier dan die Joodse nasie simboliseer. Dit word as die eerste van alle bome beskou – 1 Kon 4:33.) Springmeier sê: “It took many years for the Rothchilds to finally create Israel. The Rothchilds have been a primary force behind the creation of Israel … The Zionism of the Rothchilds was an unbiblical sham, although parts of Christendom have blindly embraced it, without correctly examining it Biblically.” (p. 279).
Die man wat deur die Rothchilds gekies is om die baanbrekerswerk vir Sionisme te doen, Theodore Herzl, was ‘n ateïs en ‘n Vrymesselaar van die hoogste orde. In sy boek, Der Judenstaat, het hy die plan uiteengesit wat die Vrymesselaar, Lord Arthur Balfour, gebruik het om die Balfour-deklarasie (die politieke besluit wat tot Israel se onafhanklikheid gelei het) te onderteken. Die Rothchild-meesterbreine, die finansiële magsarm van die Vrymesselary en die Illuminati, tesame met Vrymesselaar Joseph Stalin, het alles in plek gesit dat Hitler sy rol kan begin speel. Hulle het hierdie proses georkestreer, die besluit geneem oor die wêreldwye vervolging van die Jode en die gevolglike holocaust veroorsaak. Om die omvang van hierdie geweldige sameswering te verstaan, moet jy ook weet dat Adolf Hitler ‘n geheime, buite-egtelike Rothchild was wat die agenda van die familie verder gevoer het.
Uiteraard: ná die Tweede Wêreldoorlog het die Jode nêrens meer veilig gevoel nie, en toe die moontlikheid van die staat van Israel deur die Rothchilds voorgehou is, het die Jode dit as ‘n laaste hoop op veiligheid met albei hande aangegryp. Die Rothchilds het groothartig genoeg die geld verskaf om die Jode na hul nuutgevonde tuisland te vervoer.
Op die web kan jy kyk hoe lyk die Theodor Herzl Masonic Lodge in Israel, een van sewentig losies in die staat. Verskeie van die Israeli-leierskap sedert onafhanklikheid is hooggeplaasde Vrymesselaars. Hul hoofagenda gaan oor ‘n eenwêreldregering en universele geloof wat uit Jerusalem die wêreld sal beheer. En goedgelowige Christene speel aktief mee.
- Sela: Vra die Heilige Gees om jou in die absolute waarheid te lei in hierdie saak.
- Lees: Deut 11; Amos 8; Eseg 37
- Memoriseer: Amos 8:11
- Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Vrymesselary, Eindtydfinansies en Jy