“Pas op dat julle nie mislei word nie …”
(Luk 21:8, OAV)
Ons kom nou haas by die laaste skrywes oor die grondwaarheid wat Paulus in Gal 3:28 kategories uitgespel het: “Daar is nie meer Jood of Griek nie … want julle is almal een in Christus Jesus.” In die vorige mannas het ons uit ‘n Bybelse oogpunt onteenseglik aangetoon dat Israel nie ‘n aanspraak op die land het nie, en in die vorige manna spesifiek het ons uitgewys hoe die moderne sekulêre staat van Israel tot stand gekom het deur die demoniese agenda van die Vrymesselary, veral deur die manipulasie en beheer van die Rothchild-familie. Ons het rabbi Neturei Karta aangehaal wat uitgespel het: “The state of Israel was the creation of Satan.”
In Beeld van 5 Januarie 2009 skryf Willem Bronkhorst van Mooirivier ‘n brief waarin hy die situasie tussen Israel en die Palestyne onder oë neem uit die perspektief van die Weste se agenda rondom Israel. Hy sê dan onder andere: “Wat maak die Weste so blind? Is dit dalk die verwronge eskatologie (leer van die laaste dinge, omtrent die einde van die wêreld) dat die Israeli’s die uitverkore volk van God is, vir wie God die Palestyne en ander Arabiere gaan verslaan sodat al die jappie-Christene hemel toe weggeraap kan word? As nog een Christen wat nie kan wag om weggeraap te word nie aan my sê ons moet ‘bid vir Jerusalem in die aangesig van hierdie Sataniese aanslag teen God se volk’, sal ek my foto-album van dooie Palestynse kinders na hulle gooi.”
Sy aggressie en irritasie daargelaat, is daar groot waarheid in sy siening. Verskeie studies (van byvoorbeeld Bob Simon, Donald Wagner, Jim Lobe, Steven Sizer, en andere) het aangetoon hoedat die wêreld se fundamentalistiese Christene ingespan word om ‘n sinergie rondom Israel in stand te hou, en dis alles gebaseer op ‘n onbybelse interpretasie van eindtydgebeure. In sy webartikel Christian Zionism, Evangelicals and Israel sê Gary Burge: “The modern state of Israel is a catalyst for the prophetic countdown, If these are the last days, then we should expect an unraveling of civilization, the rise of evil, the loss of international peace and equilibrium, a coming antichrist, and tests of faithfulness to israel. Above all, political alignments today will determine our position on the fateful day of Armageddon.”
In hierdie lig is daar duidelik ‘n Satanies-gedrewe agenda rondom die eindtyd en Israel, en die verchristelike Judaïsme is ‘n duidelike godsdienstige siektesimptoom daarvan. Sien dit asseblief raak: in ‘n tyd waarin ons deur vooraanstaande geestelike leiers en angstige prediking en Christelik-populêre topverkopers oorreed word om te glo Israel is dié sleutel van die eindtyd, is Satan duidelik besig om die meeste gelowiges te mislei sodat hul nie toegerus (Luk 1:17) is om die ware stand van sake te kan onderskei nie; en nie besig is om die voorwaarde vir die koms van Jesus (Hand 3:21) aktief te pursue nie. Toe die dissipels aan Jesus vra wat die tekens van die eindtyd sal wees, het Hy onmiddellik geantwoord: “Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.” (Luk 21:8).
Met dit wat ons weet van die moderne staat Israel se ontstaansgeskiedenis, is dit nie juis deel van die eindtydmisleiding nie? Ek is daarvan oortuig. En as dit is, is daar geweldig baie aspekte van ons algemene geloof wat dringend hersien moet word.
- Sela: Bid oor Hand 3:21. Lees dit in verskeie vertalings.
- Lees: Deut 12; Amos 9; Eseg 38 (lg twee hstke baie belangrik vir hierdie lering).
- Memoriseer: Amos 9:11
- Vir dieper delf: Lees Gary Burge se artikel op hcef.org/hcef/index.cfm/ID/159 .