Dag 382

 

“ons paaslam  … vir ons geslag, naamlik Christus”

(1 Kor 5:8, OAV)

 

 

Uri Marcus maak hierdie kensketsing oor die feestye: “the feasts offer a noble purpose to those who will invite them in. They come in order to guide us into righteousness. They also make us partners with HaShem in the mastery of time. Through-out all of these cycles, G-d communicates with us another aspect of His righteousness, along with a picture of who we are in the Messiah, as He unfolds His plan for the redemption of mankind over a span of seven thousand years. The feast days and new moons which fall through-out the year are instruments of His will. They actually lead us to His righteousness.” Sodoende word ons met God “partners in time”.

Die fees van Pesach, die fees van die ongesuurde brood en die fees van die eerste vrugte is saam gevier om die uittog uit Egipte te herdenk (kyk Eks 11–12). Dit het op die 14de dag van die eerste maand begin en ’n week geduur. Hierdie eerste fees van die Israeliete is primêr ingestel as ‘n herdenking van die reddingsgebeure wat plaasgevind het toe God die Israeliete uit die land van slawerny verlos het en onderweg gesit het na die land van belofte. Derhalwe het God hierdie verordening gemaak: “Onderhou die maand Abib en hou pasga vir die HERE jou God; want in die maand Abib het die HERE jou God jou in die nag uit Egipte uitgelei.” (Deut 16:1).

Die kern van die gebeure tydens hierdie maand van Abib is bepaald die viering van die pasga, waartydens die volk van God deur die bloed van die offerlam aan die deurposte van hulle huise “exempt” (Strongs) is, passed-over is, en dit hulle geleentheid gebied is om uit die land van slawerny te trek. Ons vier met dié fees ons verlossing uit die Koninkryk van duisternis..

Die simboliek verbonde aan die feeste van Pesach en die fees van die ongesuurde brode is ooglopend: Christus ons paaslam, sonder sonde (=suurdeeg), bloed aan die deurposte (Christus die deur – Joh 10) –  1 Kor 5:7-8: “Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.”

Die fees van die eerste vrugte dui op Christus as die first-fruits wat uit die dood opgestaan het: “Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.” (1 Kor 15:20). Christus wat as Eersteling van die Lewe in ons woon, maak dit vir ons moontlik om – soos HY – lewend te kan word in die gees.

Nog altyd pla dit my dat die betekenis wat aan Pesach geheg word in verband gebring word met die Engel van die dood wat “pass-over” (Eks 12:23). Ek wil tog nie ‘n fees vier wat die aksie van die Doodsengel uithef nie. Maar as ons dit letterlik vertaal, staan daar: “And the LORD will cross to afflict the Egyptians with a plaque, and He will see the blood on the door lentil and on the two sides of the door-frame, and the LORD will PASACH upon that doorway and He will not allow the Destroyer to come into your homes to afflict a plague.” Duidelik is dit God wat oor die huis PASACH, en dié woord beteken in die Hebreeus ook: “to protect, guard or make a defense”! Kyk na hierdie letterlike vertaling van Jes 31:5: “Like hovering birds overhead, the LORD Almighty will SHIELD Jerusalem; He will DEFEND and deliver it, He will PASACH it and will cause it to escape.” Gedenk in hierdie feestyd dat God se beskerming oor jou hover!

 

  • Sela: Bid Ps 91 in hierdie opsig.
  • Lees: Deut 17; Eseg 43; Miga 5
  • Memoriseer: Eseg 43:12
  • Vir dieper delf: Lees Isaac Klein se A guide to Jewish Religious Practices.