“the times of restoration of all things”
(Acts 3:21, NKJV)
Elke fees gee beslag aan wat die Jode noem Tikkun Olam – dít wat die Messias volkome gaan herstel in die duisendjarige vrederyk. Elke fees is derhalwe ‘n viering vanBottom of Form
“the times of restoration of all things, which God has spoken by the mouth of all His holy prophets since the world began” (Acts 3:21). Vyf belangrike fasette van hierdie restourasieproses wat in die vooruitgesig gestel word deur die fees van Shavuot (en wat finaal beslag sal kry in die duisendjarige vrederyk), maar wat ons nou reeds as ‘t ware (in die Heilige Gees) moet inoefen: (1) Sabbatsrus, of dan: om voortdurend in die rus van die Here te wees (Heb 4:9). (2)Voorsiening vir almal. Daarom is die oesbeginsel tydens Shavuot duidelik: “En as julle die opbrings van jul land oes, moet jy die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.” (Lev 23:22). (3) God se goedheid, wat in wese sy heerlikheid is (Eks 33:18-19), sal só op die aarde oorspoel soos die waters van die see die aarde oordek (Hab 2:14). (4) ‘n Perfekte orde en regering. En (5): Uitbundige vreugde: “En jy moet vrolik wees op jou fees …” (Deut 16:14).
Rus Resnik skryf in sy boek Creation to Completion hieroor soos volg: “Every such divine-human encounter restores the original intent of the Creation, when the Lord walked with human beings in the garden in the cool of the day. In the messianic future, we will be fully restored to the Lord through Yeshua the Messiah, but even in this age, the meeting with God is a restoration of God’s original intent at Creation. Therefore, each festival not only pictures the age to come, but invites us to bring the powers and conditions of the age to come into this age.”
Hoe mooi beliggaam die Nuwe-Testamentiese gelowiges van die boek Handelinge nie hierdie “God se volk-wees” nie! Soos die Israeliete in die woestyn was God ‘n leefwyse, onmiskenbaar deel van al hulle handelinge – sien Hand 2:42-47.
Wat is die wyer geestelike voltrekking en implikasies van hierdie feeste? Ons almal ken die geskiedenis wat gebeur het met die Israeliete wat in hul charismatiese tweede dimensie in afgodediens verval het en ‘n valse God (die kalwerafgode van die heidennasies) as sigbare voorstellings van die onsienbare Jahweh verheerlik het – drie duisend het dié dag gesterf (Eks 32:28). Daar is ‘n “appointed barley” (Isa 28:25) wat in die eerste dimensie helaas met mensedrek gaargemaak (Eseg 4:12) word, en waardeur baie mense mislei sal word (Eseg 13:19). Daar is in die tweede dimensie diegene by wie die vyand onkruid gesaai het (Mat 13:25), wat gesif sal moet word soos koring (Luk 22:31). Die belofte van God was daar vir Israel, en prototipies ook vir ons as die nuwe verbondsvolk van God: “en (hou) hulle gereed … teen die derde dag. Want op die derde dag sal die HERE voor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal” (Eks 19:11). Diegene wat nie die transisie kan maak van die tweede na die derde dag/dimensie nie, sal soos dié drieduisend val. Maar daar is diegene wat die garsbroodjie sal vermenigvuldig deur geloof (Joh 6:9), wie se koring in rye geplant is, dit wil sê decently and in order (Jes 28:25), wat sterf in die self en – soos Hy – veel vrug oplewer (Joh 12:24). Daarom sê die Woord ook in Hand 2:41: “Die wat toe sy woord … aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring.” En van hulle profeteer die profeet Hosea in 6:2, as hy sê: “op die derde dag (sal Hy) ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe”!
- Sela: Verduidelik aan iemand die parallel van Pesach in die Ou en die Nuwe Verbond.
- Lees: Deut 20; Eseg 46 (belangrik vir die lering); Nah 1
- Memoriseer: Nah 1:7
- Vir dieper delf: Lees H.H. Rowley: The Faith of Israel.