Dag 386

“Blessed is the people that know the joyful sound …” 

(Ps 89:15, KJV)

 

In Lev 23:24-25 word die feesdag van Yom Teruah (Die Dag van die Blaas van die Shofar) aangekondig: “Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle ‘n rusdag wees, ‘n gedenkdag deur basuingeklank, ‘n heilige vierdag. Géén beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan die HERE ‘n vuuroffer bring.” In Num 29:1 word hierdie dag gekarakteriseer as “‘n dag van trompetgeklank”.

Maar hierdie regstelling ten opsigte van Joodse tradisie rondom hierdie feesdag neem nie weg dat hierdie ‘n belangrike gebeurtenis is nie. Hierdie dag is die eerste (“kop”) van die Yamim Noraim, in Engels: “the days of awe”, die mees heilige dae op die Joodse kalender. Nehemia 8:9 noem dit ‘n dag “heilig aan die Here”. Hierna volg die tien dae van selfondersoek en belydenis (bekend as die Asseret Yemei Teshuva, “the ten days of repentance”), wat afgesluit word met Yom Kippur, die Groot Versoendag.

Daar het ‘n hele paar baie belangrike gebeurtenisse op hierdie dag plaasgevind wat almal ‘n duiding het van die geestelike betekenis wat aan die dag geheg kan word.

 

  • Die Talmud sê dit is op hierdie dag dat Adam geskape is, derhalwe is hierdie dag soort van die herdenking van die skeppingsdag, of dan geboortedag, van die mens.
  • Daar word allerweë aanvaar dat Abraham vir Isak geoffer het op hierdie feesdag. In die verhaal word die lewe van Isak gespaar deurdat God hom opdrag gee om nie sy seun te offer nie, en dan in die plek van Isak ‘n ram te voorsien wat met sy horings in ‘n bos vasgewikkel was (Gen 22:13). Hierdie horings is ook ‘n heenwysing na die ramshorings wat as shofars op hierdie dag gebruik word.
  • Verskeie historiese bronne koppel hierdie datum aan die begin van Jesus se openbare bediening.

 

Hieruit vloei derhalwe voort dat hierdie dag besondere klem dra rondom die versnyding van mens en God. As dit die dag van die mens is wat na die beeld en gelykenis van God geskep is (Gen 1:26), en dit is die dag waarop God die verbondsverhouding tussen Vader en Seun gesimuleer het in die uitspeel van Abraham en Isak, en die offerlam voorsien het (wat Christus simboliseer – 1 Kor 5:7), en dié bok se horings gebruik is om “as getuienis” (Ps 81:3-5) oor die aarde en in die hemele God se verlossingsplan  te proklameer, en dit boonop dui op die tyd wat Jesus die evangelie van die Koninkryk begin verkondig het (Luk 4:43), kan ons duidelik verstaan waarom hierdie dag ook as “the day of remembrance” genoem word.

Op hierdie dag bring ons God se ewige plan in herinnering, dit wat in Eph 3:11 (CEV) uitgespel word: “God did this according to his eternal plan. And he was able to do what he had planned because of all that Christ Jesus our Lord had done.” Op hierdie dag word die triomf van God se “purposes” (Hand 13:36) byeengetrek en dramaties gedemonstreer met die blaas van die shofars.

 

  • Sela: In ons tyd het die shofar ‘n geweldige prominensie verkry onder gelowiges. Ons moet nooit vergeet dat die shofar, soos die menorah, die talit, en so meer, ook bloot heenwysings is nie. In sigself dra hul geen geestelike “krag” en het dit geen bydraende effek as bloot ‘n simboliese heenwysing na Jesus nie.
  • Lees: Deut 21; Eseg 47; Nah 2
  • Memoriseer: Eseg 47:12
  • Vir dieper delf: Lees hfst 7 van Johan Malan se Israel in die eindtyd.