“Ontwaak, ontwaak … o Sion!”
(Jes 52:1)
In vorige mannas is uitgewys dat elkeen van die Ou-Testamentiese feeste presies volgens die kalendertye van God verloop het in die Nuwe-Testamentiese vervulling daarvan, elk op sy “appointed time” ook! Die offerlam is gekies op die tiende dag van Nisan, die dag waarop Christus triomfantlik Jerusalem binnegery het. Die kruisiging van die Lam van God vind plaas presies op die 14de dag van Nisan, presies op die Ou-Testamentiese datum. Op die dag na die weeklikse sabbat, gedurende die Fees van die Ongesuurde Brode, word die Offer van die Eerste Vrugte gemaak. Jesus is uit die dood opgewek presies op hierdie dag. Presies vyftig dae daarna, met die fees van Pinkster (Shauvot), is die Heilige Gees uitgegiet op die gelowiges. Hierdie lentefeeste is derhalwe reeds profeties vervul in historiese tyd, en daarom is die feeste wat nou plaasvind duidelike profetiese merkers vir die vervulling van God se verlossingsplan.
Die feeste wat nou volg, reik almal uit na dit wat die hoogtepunt is van die geskiedenis van alle eeue: dat Christus fisies met ons gaan tabernakel op die aarde, dit wat deur die Fees van Tabernakels in die vooruitsig gestel is. Die fees van die Trompette en die Groot Versoendag is geboortepyne wat hierdie heerlike gebeurtenis voorafgaan. Maar dis geboortepyne van besondere betekenis – daarsonder sal die geboorte nie plaasvind nie!
Op Yom Teruah word die shofars geblaas om die tweede koms van Christus aan te kondig. Almal wat in diepe slaap verkeer, met ander woorde hulle wat nie gewek is in hul skeppingsdoel en wat opgestaan het in hulle roeping nie, hulle wat nog rus in die sand van hul adamiese natuur (Dan 12:2), al is hulle wedergebore, moet wakker gemaak word: “Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.” (Efes 5:14).
Joël 2:1 (GW) is die profetiese wekroep wat elke jaar op hierdie feesdag die kerk profeties roep: “Blow the ram’s horn in Zion. Sound the alarm on my holy mountain. Everyone who lives in the land should tremble, because the day of the LORD is coming. Certainly, it is near.” In voorbereiding tot die Groot Versoendag, word ‘n oproep gedoen tot persoonlike reiniging, en weer word die ramshoring die geluid van weeklaag as ons besef ons is besig om God se agenda te mis: “Cry aloud, do not spare, lift up your voice like a ram’s horn, and show My people their rebellion, and the house of Jacob their sins.” (Isa 58:1). Die Bruid van Christus slaap nog in die kerkers van tradisie (Hoogl 5:2). Die vyf dwase EN die vyf wyse maagde het albei geslaap voor die Bruidegom gekom het (Mat 25:1-10)! Die wyse maagde is dié groepie wat betyds wakker geword het! “Ontwaak, ontwaak … o Sion!” (Jes 52:1). “Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.” (1 Thes 5:6).
Ons is besig om die derde dag te betree! Soos met Jerigo bring die blaas van die shofars ‘n skudding in die geestesrealm mee: “And it came to pass on the third day, when it was morning, that there were thunders and lightnings, and a thick cloud upon the mount, and the voice of a trumpet exceeding loud; and all the people that were in the camp trembled.” (Exo 19:16, ASV). En alles wat nie deur God gebou is in sy tempel nie (1 Kor 3:12-16), val soos die mure van Jerigo! In hierdie gedeelte waarin oor die val van die mure van Jerigo vertel word, Jos 6:1-20, word die woordjie shofar veertien keer herhaal, die Bybelse getal van verlossing en bevryding. Die woordjie “blaas” word in die oorspronklike taal agt keer in die perikoop gebruik, wat simbolies dui op ‘n nuwe begin!
- Sela: Is jy al wakker?
- Lees: Deut 22; Eseg 48; Nah 3
- Memoriseer: Nah 3:4
- Vir dieper delf: Lees Kelly Varner se Sound the alarm.