Dag 388

 

“Blaas die basuin op nuwemaan … ‘n Taal wat ek nie geken het nie, het ek gehoor …”   

  (Ps 81:3 & 5)

 

Joël 2:1 sê die shofar moet in Sion geblaas word. Sion is die berg van die Here waar die Bruid (in die gees) woon. Dis terselfdertyd ‘n groep mense (Open 21:9), maar ook die plek van die “hoë roeping” in Christus (Fil 3:14). Die Bruid het deurgebreek (Miga 2:13; Mat 11:12) tot hierdie roeping; die kerk het helaas nie. Die shofar is God se instrument om ons terug te roep tot ons hoë roeping in Christus.  Ps 81:3-5 spel dit so uit: “Blaas die basuin op nuwemaan … Want dit is ‘n insetting vir Israel, ‘n verordening van die God van Jakob. Hy het dit ingestel as getuienis in Josef toe Hy uitgetrek het teen Egipteland. ‘n Taal wat ek nie geken het nie, het ek gehoor …”

Ek en jy moet die simboliese  taal van die shofar leer ken – dit spreek van ‘n diepte wat deur geskiedenis en toekoms sny die ewigheid in, wat deur hemel en aarde weerklink en die ou, ou boodskap van God se begeerte aan ‘n nageslag (Mal 2:15) uitbasuin! Ps 46:6 (‘n Psalm wat die Jode op hierdie feesdag sewe keer herhaal), juig dit uit: ”God is ascended with jubilee, and the Lord with the sound of trumpet.”

God ascended with the sound of the shofar?! Ja, en déúr dit: He takes captivity captive and give gifts unto man (Eph 4:8). We ascend IN HIM to our high calling in Christ! Awake, awake o Zion!

Kelly Varner, in sy boek Sound the alarm maak ‘n akroniem van die woordjie AWAKE, en verduidelik daardeur die nuwe manier van dink (Rom 12:2) wat die Bruid moet verkry:

 

  • Awareness of your ascension (1 Kon 5:1-4; Efes 1:18-23).
  • Wisdom for this new order (2 Kon 3:6-12)
  • Accountability in every aspect (Mat 13:1-23)
  • Knowledge of the Kingdom (2 Pet 1:3-8); en
  • Enterprise of the Kingdom (Hand 1:8)

 

Ps 89:15 hier heelbo vat die profetiese belangrikheid van Yom Teruah so ráák saam – kyk na die verskillende vertalings:

 

  • “Happy are the people who have knowledge of the holy cry: the light of your face, O Lord, will be shining on their way.” (BBE)
  • “Blessed are the people who know the passwords of praise, who shout on parade in the bright presence of GOD.” (MSG)
  • “O the happiness of the people knowing the shout, O Jehovah, in the light of Thy face they walk habitually.” (WLT)

 

Met Yom Teruah groet die Jode mekaar met “ketiva ve-chatima tovah”, wat beteken: “May you be written and sealed for a good year”. You are written and sealed in the secret language of the Shofar, who is none-other than Christ Himself (Rev 1:10-11) J.

 

  • Sela: Bid deur die AWAKE hierbo.
  • Lees: Deut 23; Jona 1; Hab 1
  • Memoriseer: Deut 23:5
  • Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die uur het aangebreek! Word wakker, staan op!