Dag 392

“I know that my Redeemer lives, and that in the end he will stand upon the earth.” (Job 19:25, NIV)

Die Fees van Tabernakels, of Sukkot, vier ons God se besluit om by die mens in te woon. Dit is hierdie aspek van die fees wat in die Ou Testament die Messiaanse verwagting voorop gestel het. Toe Salomo byvoorbeeld die eerste tempel gebou het, was dit spesifiek op Sukkot dat die Gees van God daarop neergedaal het – God het Hom in die plek van aanbidding sigbaar gemaak (1 Kon 8). Joseph Good se navorsing, byvoorbeeld, gee klinkklare bewyse daarvoor dat Jesus gebore is tydens die fees van Sukkot.

Vir hierdie fees moes alle mense in Israel in Jerusalem en die omliggende dorpies byeenkom (Eks 34:22-23; Deut 16:16). Met so ‘n toeloop van mense (ook as gevolg van ‘n sensus wat uitgeroep is in hierdie tyd – Luk 2:1) is dit te verstane dat Josef en Maria geen verblyf kon vind nie. Die enigste verblyf beskikbaar was ‘n tydelike staning wat gebou is om die groot hoeveelheid diere te huisves. Dus, toe Maria geboorte gegee het aan Jesus, het sy Hom in ‘n krip in ‘n stal gesit (Luk 2:3-7). A krip is ‘n trog waarin die diere se kos en water in ‘n stal geplaas word. In Hebreeus word ‘n stal ‘n sukkah genoem, die enkelvoudsvorm van die woordjie sukkot!

Tydens die oorspronklike feesvieringe moes die Israeliete vir sewe dae in tydelike staninge of hutte bly. Dit het gedien om hulle te herinner aan hul geskiedenis: “Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon, sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het.” (Lev 23:42-43). Dat die tydelike verblyf van takke gemaak word, hou verband met ‘n spesifieke naam vir die Messias in die Ou Testament: “die Spruit” (Jes 11:1; Jer 23:5; Sag 3:8). Dit is in hierdie lig profeties eksplisiet  dat die “Spruit” (=Tak) sou vrugte dra, en derhalwe dat God aan die kinders van Israel gesê het om vir die viering van hierdie fees op die eerste dag van Sukkot takke van veral vrugtebome te gaan versamel, asook vrugte om te eet (Lev 23:40).

Matthew Henry explains verduidelik die herdenkingsaspek besonder raak: “The mercy of God to them, that, when they dwelt in tabernacles, God not only set up a tabernacle for Himself among them, but, with the utmost care and tenderness imaginable, hung a canopy over them, even the cloud that sheltered them from the heat of the sun. God’s former mercies to us and our fathers ought to be kept in everlasting remembrance.” Hierdie fees is gedeeltelik vervul toe Jesus die Messias aarde toe gekom het, vlees geword het en sy woning by die mens kom maak het,  letterlik by hulle kom tabernakel het (Joh 1:14).

In Joh 7 word die geskiedenis verhaal toe Jesus die Fees van Sukkot bygewoon het. Op die laaste dag van die Fees het Jesus opgestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo …” (verse 37- 39). Die Jesus wat aarde toe gekom het, is ook die Een wat weer gaan kom (Joh 14:28) – Hy is die vervulling van die Fees van Sukkot. Job, die oudste boek in die Bybel, spel reeds hierdie waarheid onomwonde uit: “I know that my Redeemer lives, and that in the end He will stand upon the earth.” (Job 19:25, NIV)

Sukkot is die grootste fees, die kulminasie van al God se “appointed times”.

 

  • Sela: Verduidelik die laaste paragraaf aan iemand.
  • Lees: Deut 27; Hoogl 1; Sef 2.
  • Memoriseer: Hoogl 1:2
  • Delf dieper: Steinberg & Greenstein se Celebrating the Jewish Year: The Fall Holidays: Rosh Hashanah, Yom Kippur, Sukkot.