Dag 393

 

 

“Voeg jaar by jaar; laat die feeste hulle kringloop volbring—”

(Jes 29:1b, OAV)

 

‘n Paar samevattende opmerkings ter afsluiting van die Bybelse feeste as skaduwee van die koms en die wederkoms van Jesus Christus, die Messias. As ons na al die Moedim (Feeste) van Israel kyk, maak dit geestelik vir ons in die Nuwe Verbond vanuit `n heilshandelingperspektief sin dat die jaar in die voortyd van Pesach begin en eindig in die natyd van Sukkot.

Ons verstaan dikwels nie die werklikheidsbeskouing van die Midde-Oosterse kultuur waarin die Jode gefunksioneer het nie. Een baie belangrike aspek van die Hebreeuse manier van dink oor tyd, is dat dit nie linieêr is nie, maar sirkulêr. Sirkulêr beteken nie om heeltyd in sirkels rond te loop nie, maar eerder beweging in terme van siklusse. Die begrip “jaar” in Hebreeus beteken letterlik herhaling of repetisie. Die verordening  van God rondom die gedenking van die feeste dui dan veral daarop dat ons moet besef dat ons weer die geleentheid gegee word om aan die begin van die herhaling of siklus te kan wees, “perfecting holiness in the fear of God” (2 Cor 7:1)! Daarom is Ps 23 se bekende vers: “Hy lei my in die spore van geregtigheid” in die oorspronklike Hebreeus eintlik: “He leads me in the cycles of righteousness”, ter wille van sy Naam! Die feeste (insluitende die sirkelgang van die jaarwisselinge) is almal daar om met elke siklus die Messias, Christus die Gesalfde, die Weg (Joh 14:6) dieper te bewandel; soos ons Hom al meer en meer herken, “word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid” (2 Kor 3:18)! Dis die hoogste prototipiese betekenis wat in die gedenking van die feeste gesetel is.

As ons ‘n samevatting van die feeste kan gee, sal dit soos volg daar uitsien:

 

PAASFEES
     FEES V ONGESUURDE BRODE
          FEES V EERSTE VRUGTE
               PINKSTERFEES
 
                        FEES V TROMPETTE
                             GROOT VERSOENDAG
                                   FEES V TABERNAKELS
JESUS SE KRUISIGING
     JESUS SE DOOD DRIE DAE IN DIE AARDE
          JESUS SE OPSTANDING UIT DIE DOOD
               UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES
 
                         OPROEP TOT BRUID OM WAKKER TE WORD TOT HOË ROEPING
                              WEDERKOMS VAN JESUS
                                     DUISENDJARIGE VREDERYK

 

  • Sela: Hoe gee jy gestalte aan die Fees van die Trompette?
  • Lees: Deut 28; Hoogl 2; Sef 3.
  • Memoriseer: Deut 28:47-48
  • Delf dieper: Lees hfst 7 van Kelly Varner se boek Unshaekeable peace.