Dag 397

“Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer.”

          (Mat 11:113, OAV)

 

Die boek van F.F. Bruce waarna ons in die vorige manna na verwys het, maak dan vervolgens die volgende belangrike opmerking: “The Bringer of salvation, the Son of God, does not appear suddenly in the New Testament as a visitant on earth from another realm, having no connection with the course of prior events down here. As touching His eternal relationship with the Father, He is ‘without genealogy, having neither beginning of days nor end of life’; but touching His Manhood, He is indissolubly bound up with all previous history … The history is the chief concern of the books of the Old Covenant, God preparing this nation to be the vehicle of His purposes by revealing Himself to them … by the word of His spokesman the prophets … The books of the New Covenant tell how the divinely-implanted hopes and aspirations of these ancient men of God were realized in Christ.”

In hierdie lig is daar vier Skrifte wat ‘n baie duidelike heenwysing word van die nuwe verbond en hoe dit die multifokale bril moet wees waardeur ons die Ou Testament moet lees.

Allereers: Mat 11:13 – “Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer.” Ons weet uit Jesus se verduideliking dat Johannes die Doper die verteenwoordiger was van die laaste én grootste persoon van die Ou Verbond (Mat 11:11). Om hierdie rede moes hy byvoorbeeld sy kop verloor (Mat 14:10), sodat Jesus prototipies die ware Hoof van die Liggaam kon word (Kol 1:18). Met ander woorde: die wet en die profete het alles NET TOT OP JOHANNES DIE DOPER GEPROFETEER. Luk 16:16 stel dit meer eksplisiet: “Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig …” Sela.

Die tweede Skrif wat dit uitspel, is die gebeure op die berg van verheerliking toe Moses (= verteenwoordiger van die Wet) en Elia ( = verteenwoordiger van die profete) as deel van die wolk van getuies gemanifesteer het. Petrus was vinnig om drie (denominasie)-“hutte” te bou waar hulle kon bly (met ander woorde tydelike tabernakels op te rig), maar God oordek hulle aldrie met sy teenwoordigheid in die wolk, waarin Moses en Elia “verdwyn”, en sê toe: “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Luister na Hom!” Dus: die stem van die wet en die stem van die profete is nie meer die geldige stem nie, net Jesus s’n is – luister na Hom!

Die derde Skrif is onteenseglik direk en duidelik. Die brief aan die Joodse Christene, Hebreërs, spel dit vir hul só uit: “God, who gave to our forefathers many different glimpses of the truth in the words of the prophets, has now, at the end of the present age, given us the truth in the Son.” (Heb 1:1, Murdock-vertaling). Die Afrikaanse sê: “Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun …” Joh 14:26 maak dan hierdie gelykstelling: “die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het”. Tóé het God deur die profete gepraat; nou praat Hy deur sy Gees in ons.

En vierdens, ter bevestiging Open 19:9-10, WNT): “Testimony to Jesus is the spirit which underlies Prophecy.”

Die ganse Ou Testamentiese profesieë getuig nét van Jesus die Christus. Baie mense misbruik Ou-Testamentiese profesieë om byvoorbeeld die toekoms van Israel te voorspel, maar dis duidelik nie hoe die Bybel dit aanbied nie. Die fisiese Israel het, saam met baie ander dinge, in die wolk dissolve. Luister na die Seun.

 

  • Sela: Watter implikasies het hierdie lering vir jou?
  • Lees: Deut 33 & 34; Hoogl  8 (en diegene wat die Bybel nou deurgelees het, klink ‘n glasie J)
  • Memoriseer: Deut 33: 27a
  • Delf dieper: Lees F.F. Bruce se The books and the parchments