Dag 400

“sonder Christus … vervreemd van die burgerskap van Israel”

          (Efes 2:12, OAV)

 

‘n Mens sal al die Ou Testamentiese profesieë die een na die ander kan vat en uitwys dat dit reeds IN CHRISTUS tot vervulling gekom het.

Gary DeMar spel dit in sy boek End times fiction uit ten opsigte van al hierdie vervulling van Ou-Testamentiese profesieë: “there is no seven-year Tribulation period or Antichrist making a covenant with the Jews and then breaking it found in Revelation. There is no gap in time in Daniel’s seventy week’s prophecy. When all of the elements of prophecy are put together, we find that there is no need for gaps, postponements,a seven-year Tribulation period, another rebuilt temple, or an antichrist making a covenant with the Jews and then breaking it.”

Miskien, as ons dit wat waarlik gebeur het tydens ‘die Joodse oorlog’ van 66-70 n.C. verstaan, sal ons besef hoe Jesus se woorde oor die prototipiese Jerusalem en die Jode uitspel dat die ou bedeling deur die verhardheid van hulle hart HEELTEMAL tot niet sal gaan: “En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is. Dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie. Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word.” (Luk 21:20-22).

In sy gesaghebbende argeologiegetuienis The Bible as history sê Werner Keller hieroor: “the city and temple of Jerusalem … have eluded the endeavours of archeologists: they have been blotted out for ever from this earth. For barely within a generation after the crucifixion of Jesus they suffered in ‘the days of venegeance’ the fate that Jesus prophecied to them. Old Israel, whose history no longer included the words and works of Jesus, the religious community of Jerusalem which condemned and crucified Jesus, was extinguished in an inferno which is almost unparalleled in history.”

In die lig hiervan verstaan ‘n mens die skrikwekkende passasie van Mat 23:35-38: “sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaría, die seun van Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar. Voorwaar Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.  Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!” Nie net dui “huis” hier op die tempel, die setel van God se teenwoordigheid en verbond (onthou die plate van die Wet was in die Ark van die Tabernakel, wat toe reeds “depart” het) – dit dui ook op die kollektiewe “huis van Israel”. 140 keer in die Ou Testament word die huis van Israel so benoem. Maar in die mond van Jesus word daar deurgaans net gepraat van “die verlore skape van die huis van Israel” (Mat 10:6; 15:24).

As Petrus in Hand 2:36 preek, sê hy dit onomwonde: “Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.”

Keller wys in sy boek besonderhede uit hoe Mark 13:2 vervul is: “En Jesus antwoord en sê vir hom: Sien jy hierdie groot geboue? Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie!” In sy pynigende woorde: die huis van Israel “have been blotted out for ever from the this earth”. AL wat nou bestaan, is Jesus die Christus. Sonder Christus is iedereen vervreemd van die burgerskap van die ware “Israel van God” (Efes 2:12; Gal 6:16).

 

  • Sela: Maak seker dat jy ‘n Israeliet in die gees (volgens Rom 9:6) is.
  • Lees: Gen 7-9
  • Ondersoek die vervulling: Gen 7:21-22
  • Delf dieper: Lees die boeke wat hierbo genoem is.