“Yet Jesus would not die just for the Jewish nation. He would die to bring together all of God’s scattered people.”
(John 11:52, CEV)
Een van die merkwaardigste boeke oor die evangelie van Johannes is die uitvoerige studie van John W. Pryor, getiteld: John: Evangelist of the Covenant People. Waar ons met die manna vanaf Dag 341 nou reeds uit bykans alle perspektiewe na die saak van Israel gekyk het, is die beskouing van hierdie boek ‘n gepaste afsluiting van die spilteks wat ons sedert dan ontrafel het: “Daar is nie meer Jood of Griek nie …” (Gal 3:28).
Pryor se tese is dat die dissipel Johannes gefunksioneer het as die evangelis wat God gestuur het om die Jode as verbondsvolk te bedien rondom die nuwe verbond. Hy plaas die evangelie wat hy oorvertel binne ‘n baie spesifieke literêre raam en stylaard om deur die narratief ‘n bepaalde argument te voer. Hierdie argument ontvou aan die hand van drie sake, wat hy in sy slotsom (p. 181) onder drie hoofpunte saamvat:
- “Jesus is the fulfillment of Jewish hopes, he supersedes Jewish forms and institutions, and he is the embodiment of true Israel;
- Judaism has willfully rejected its true goal, its authorities have denied the kingship of Yahweh, and its claim to Abrahamic covenant status are repudiated;
- The community of faith gathered in Jesus, both Jew and Gentile, are the true children of God, and to them belong the experience of the divine presence in their midst. As the covenant people, they are obligated to love and obedience.”
Hy toon absoluut oortuigend aan hoe die eerste wonderwerk van Jesus, die verandering van water in wyn (Joh 2:1-10), ‘n vooruitwysing is van die onderliggende betekenis: in plaas van die water in die godsdienstig-ritualistiese kanne van Judaïsme, bied Jesus nou “the wine of the age of salvation”. Hy wys uit hoe in Joh 8 die splitsing van die goeie nuus van die evangelie ‘n radikale wegbreek is van die oorgelewerde Joodse denke en handelswyse, wat selfs die uiterste handeling meebring – hul verbondstsatus en verbondenheid aan Abraham as vader van die geloof word ophef.
Dis in Joh 11:52-53, met die opwekking van Lasarus, dat Pryor uitwys dat “the ministry of Jesus to Israel has reached its final stage … Jesus essentially has no further works that he can do among his people”. Dit kry eksplisiet beslag in die woorde van Jesus in Joh 10:16 dat hy benewens Israel ook ander skape het wat hy na moet omsien. Nadat die Sanhedrin en die hoëpriester met Lasarus se opwekking uit die dood beplan het om Jesus dood te maak (Joh 11:53), maak Johannes in vers 53 hierbo die eksplisiete gevolgtrekking: “Yet Jesus would not die just for the Jewish nation. He would die to bring together all of God’s scattered people.”
In Joh 12:36b: “Hy het weggegaan en Hom vir hulle verberg” lees Pryor ‘n duidelike simboliese handeling – nadat Israel nie na hul Messias wou terugkeer nie, is die geleentheid nou verstreke. “Jesus has removed himself from the Jews … Chapters 18 and 19 are but the sealing of that rejection … Judaism has been willfully blind to the revelation, and has turned its back on its own destiny. In so doing Israel has demonstrated that it is not distinct from the world, but embodies its values.” Sela.
- Sela: Verduidelik die drie swaartepunt van Pryer se argument hierbo aan iemand.
- Lees: Gen 10-12
- Ondersoek die vervulling: Gen 11:7 (wenk: Hamd 2:1-13)
- Delf dieper: Bestudeer die boek van John W. Pryer wat hierbo genoem is.