Dag 437

“But I am afraid that, as the serpent in his craftiness deceived Eve, so your minds may be led astray from their single-heartedness and their fidelity to Christ.”     

 (2 Cor 11:3, WNT)

 

Ons het in die vorige manna die dwingende aanwesigheid van die Gnostiek in die vroeë kerk uitgewys as synde die kulturele bakermat waarbinne heelparty van die Nuwe Testamentiese briewe geskryf is. Die Gnostiek het teruggegryp na die sondeval en ‘n sekere mistiese betekenis geheg aan die kennis wat die slang aan Eva belowe het: “Toe sê die slang vir die vrou … maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken. Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.”

Die ou slang van Génesis, weet ons, is ook die draak van Openbaring, is die Satan wat eens Môrester was voor sy sondeval, verblind deur sy eie sug na kennis (Eseg 28:3-5), nou die duiwel is, ook Satan genoem (Open 20:2). Die Gnostiek se geheime “valslik sogenaamde kennis” (1 Tim 6:20) het dus sy oorsprong gehad lánk voor die mens – dis bloot gebruik “so your minds may somehow be lured away” (2 Cor 11:3, GW) van die werklike Kennis (Kol 2:2-3) en Wysheid (1 Kor 1:24) – sy Naam is Jesus die Christus.

Peter Jones wys in sy boek The Gnostic Empire strikes back hoe die Gnostiek vandag weer met New Age-verpakking homself aan die kerk verkoop. In antwoord op R.C. & C.C. Krroeger se opspraakwekkende boek I suffer not a woman, waarin hulle uit ‘n feministiese oogpunt Paulus se uitsprake oor vroue diskrediteer, maak hy die volgende belangrike stelling: “they dismiss his teaching for our day, since he was supposedly dealing with an extreme heresy that does not concern us. They fail to see that the heresy they describe has turned in an even more extreme form of New Age ‘Christian’ feminism, and that it is posing as much of a threat today as it did in the time of Paul.” (pp. 111-112).

Eva was dus bloot die mediatrix vir die Bose Een se lering deur vroue. Dat vroue ‘n groter aptitude het om verlei te word, stel Paulus duidelik in 1 Tim 2:14 “En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.” (Sien ook 1 Kon 11:3). Dis dan ook die belangrike klag teen die eindtydkerk wat toelaat “dat jy die vrou Isébel, wat haarself ‘n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet” (Open 2:20).

In die lig hiervan is dit baie belangrik om Paulus se uitspraak waarin hy sê dat hy nie die vrou toelaat om lering te bring nie, te verreken. Binne die groter invloed van die Gnostiek het hierdie vroue, “women professing godliness” (1 Tim 2:10, ASV), vreemde doktrine verkondig (1:3-9), heelparty het op mistieke kennis aanspraak gemaak en dit verkondig (6:20); hulle was ongeleerd in die Woord (1:1; 2:11) – daar was selfs van hulle wat die geloof verlaat het (2:15; 6:21). Om hierdie rede wou Paulus nie gehad het hulle moet lering gee nie (2:12).

 

  • Sela: Lees meer oor die Gnostiek en bedink hoe dit byvoorbeeld in jou geloofsgemeenskap insluip.
  • Lees: Num 1-3
  • Ondersoek die vervulling: Num 1:17 (Wenk: Slaan die oorspronklike betekenis van enige paar name na en sien how these men were expressed by their names).
  • Delf dieper: Luister na Retha Gouws se cd-lering: Jou begeerte sal na jou man wees.