“Kom kyk ‘n man wat my alles vertel het wat ek gedoen het.” (Joh 4:29, OAV)
Vandag kyk ons na die tweede genadegawe: ‘n woord van kennis. Dit is dikwels so dat ‘n persoon rondloop met “geheime van sy hart” (1 Kor 14:25) en dat hierdie geheime die persoon bind aan die koninkryk van duisternis. Partykeer weet hulle self nie wat dit is wat die Satan ‘n legal right op hulle lewe gee nie. Die Heilige Gees gee derhalwe hierdie genadegawe om dit wat verborge is aan die lig te bring, sodat die lig dit kan bestraf en die persoon só kan vrykom (Efes 5:13).
Daar is ‘n klompie goeie voorbeelde in die Skrif van hoe die woord van kennis gefunksioneer het. Toe Jesus by die vrou by die put sit (Joh 4), weet Hy dat sy reeds vyf mans gehad het, en dat die sesde man by wie sy nou is, nie haar man is nie. Hierdie woord van kennis van ‘n vreemdeling af maak haar ten ten volle oop vir sy counsel.
In Hand 5 word die verhaal vertel van twee gelowiges wat besluit het om oneerlik te wees oor geld wat hul vrywillig wou gee aan die apostels. Toe Ananías en Saffira op verskillende tye instap, het die Heilige Gees aan Petrus ‘n woord van kennis gegee oor die ware toedrag van sake en het hy hul daarmee gekonfronteer. (Albei het as gevolg hiervan onmiddellik gesterf, omdat hulle nie vir mense gelieg het nie, maar vir God.)
Terwyl alles so dreigend lyk asof dit finaal is dat hul skip gaan sink, kry Paulus ‘n woord van kennis dat dit nie die geval gaan wees nie (Hand 27:22). Op grond hiervan kon hulle begin eet en sekere strategie kry oor hoe om die saak te hanteer.
Simon die towenaar kry van Petrus dié woord van kennis: “ek sien dat jy in ‘n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is” (Hand 8:24).
Die Heilige Gees gee nooit inligting bloot om te skinder nie – dit word gegee om die persoon ontvanklik te maak vir die werking van Gees van God. Dit vra egter van jou dat God jou kan vertrou met die inligting. (Partykeer is dit bloot belangrik om te weet wat om presies vir ‘n persoon te kan bid.) Waak teen sensuele impressies en afleidings wat jy uit die sielsdimensie of liggaamstaal kan aflei van ‘n persoon en dit dan aanbied as ‘n woord van kennis. Dít verhoed dikwels dat ‘n persoon werklik kan vloei met ‘n woord van kennis. Hierdie genadegawe, as dit outentiek is, is ‘n kragtige wapen in bediening.
- Sela: Hierdie genadegawe vra natuurlik geweldig baie moed en geloof. Bedink die verband.
- Lees: Gen 45: Ps 45; Mat 15
- Memoriseer: Mt 15:6.
- Vir dieper delf: Gaan soek nog 3 voorbeelde uit die Ou-Testament van hierdie genadegawe.