“en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was”
(Heb 2:15, OAV)
Hierdie vers uit die boek van Hebreërs omsluit ‘n geheimenis wat ons ongelukkig glad nie verreken nie – vrees vir die dood maak van jou ‘n slaaf. Om dit na regte te kan verstaan, moet ‘n mens dit saamlees met die voorafgaande vers: “Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—“.
Voortvloeiend uit hierdie twee verse gaan ons twee grootse temas aanpak wat enorme impak gaan hê op jou manier van dink. Ek noem hulle die twee groot D’s wat mense in slawerny en hooploosheid dompel: Duiwel en Dood. Maar voor ons daarmee kan begin, moet ons net eers ‘n manna of wat stilstaan by die wesensaard van vreesagtigheid. Ten spyte van al die planne wat Yahwe vir ons koester, “gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om ons ‘n hoopvolle toekoms te gee” (Jer 29:11), is Jes 42:22 steeds van ons waar: “En tog is dit ‘n beroofde en geplunderde volk; hulle is almal gebonde in kerkers, verborge in gevangenisse; hulle het ‘n buit geword sonder dat iemand red, ‘n plundering sonder dat iemand sê: Gee terug!” En vrees is die bakermat waarbinne ons bestaan geweef word en wat keer dat ons in die volheid van God se oorwinningslewe kan inbeweeg (Rom 8:37; Open 21:7). Iemand moet sê: Gee terug!
Ons leef in ons moderne samelewing in ‘n psigose van vrees. Luk 21: 25-26 het voorsien dat dit so sal wees aan die einde van die tye: “En daar sal … op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid (wees) … en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom.”
Jy moet verstaan: vrees is die strategie van Satan om jou uit jou geloof en uit jou posisie te klap. Ons moet weet Satan is vertoornd op die gelowiges en dat hy teen haar oorlog voer teen diegene wat ‘n pad met God stap en die getuienis van Jesus Christus hou (Open 12:17). Hy voer oorlog teen die heiliges en hy oorwin hulle (Dan 7:21; Open 13:7). Belangrik is dit om net uit te hef dat Open 21:8, in sy opnoem van almal “wat deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood” agt groeperinge noem, maar allereers “die vreesagtiges”. Hulle word in dieselfde asem genoem as die moordenaars, towenaars en afgodedienaars.
Die toestand wat ons as vrees ervaar, is as gevolg van demoniese geeswerking (Rom 8:14). Paulus skryf in 2 Tim 1:7 dat die gees van vreesagtigheid drie gevolge het: dit maak jou kragteloos, dit maak dit vir jou moeilik om ekspressief en onvoorwaardelik lief te hê, en dit beroof jou van selfbeheersing asook ‘n “sound mind” (EMTV).
Die vrees van mense (waarby ons later in besonderhede sal uitkom), lei uiteraard ook tot slawerny. Daarom waarsku Paulus in 1 Kor 7:23 – “Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie.”
- Sela: Is daar enige persoon wat jy onbewustelik vrees en derhalwe ten alle koste wil tevrede stel?
- Lees: Rigt 4-6
- Ondersoek die vervulling: Rigt 5:12 (Wenk: Efes 5:12; 1 Thes 5:6; Rom 13:11-12)
- Delf dieper: Lees een of meer van die boeke hierbo genoem.