
“die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is”
(Jes 25:2, OAV)
In die vorige manna het ons gesien een van die primêre beelde wat gebruik word om die Satan, die ou slang (Open 12:9) te beskryf, is die gestalte van die draak. Ons het gewys daarop dat dit ‘n dier is wat is, maar nie is nie. Die Bybel gebruik pertinent die beeld van die draak nié omdat dit ‘n boek is wat ‘n mens moet fantasiekarakters wil besig hou nie, maar wat wil uitwys dat die Draak by mense a spirit of unreality meebring. Dít word deurgaans in die Skrif voorgehou as ‘n sluier, ‘n bedekking oor die hart (2 Kor 3:15) en verstand (Efes 4:18), ‘n duisternis wat oor die aarde (die ongeredde wêreld) lê (Jes 60:2).
In Jes 25:2 maak Yahwe profeties die belofte dat daar ‘n tyd sal kom in die geskiedenis van die wêreld dat “Hy … op hierdie berg … die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier (sal vernietig), en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is”.
Die woordjie “omhulsel” in hierdie vers word in ander vertalings vertaal as “covering”, “web”, “the cloud of sorrow”, “the mask”, selfs “burial clothes”. Die LITV-vertaling noem dit raak: “the veil that is woven over all nations”. Maar insiggewend, in die King James-vertaling word dit voorgehou as “vail” (nie “veil” nie!). In die Hebreeus is albei woorde verwant, maar totaal anders. Vail beteken: “molten metal, molten image, molten gods, cast image” (wat “omhulsel” dan ‘n baie goeie vertaling maak). Die grondwoord hou assosiasies in met uitgieting (soos in “anointing”), asook “the fusion of metal”. Hierdie “covering of darkness” is dus terselfderyd ‘n salwing wat jou in ‘n mould vorm. In Isa 30:1 (KJV) word dit mooi uitgespel waar die Here sê dit is: to“cover with a covering, but not of my spirit”.
Dis met ander woorde ‘n ander, demoniese gees wat hierdie proses laat plaasvind.
Die mooi prototipe voorbeeld hiervan in die Ou Testament is die maak van die goue kalf in Eks 32. Aäron het die oorringe van die vroue en kinders versamel (met ander woorde simbolies dit wat hulle geknoop het aan hul ore, dit wil sê die demoniese influisteringe), dit gesmelt en bewerk met beitels om daarvan ‘n afgodsoffer gemaak. Moses, toe hy terugkeer, het die hele proses presies reverse.
Nét op die berg (die plek van ontmoeting met God), word die sluier/demoniese ”covering”/ “mould” vernietig.
Die beeld van hierdie versluiering wat “uitgegiet” word, wat “vloei” en dan hard (soos materiaal) of dig (soos materiaal) word, is baie belangrik. As deel van die reversal het Moses die gegote kalf in vuur gebrand, fyngemaal en toe in water gegooi en die Israeliete dit gemaak drink (Eks 32:20). Wat beteken hierdie profetiese aksie vir ons?
As Jesus bid in die Onse Vader (Mat 6:13), vra Hy: “maar verlos ons van die Bose”. In die oorspronklike Grieks beteken die woordjie “verlos” letterlik om uitgeruk te word uit ‘n stroom uit. In die volgende manna meer hieroor.
- Sela: Bid Ps 144:7
- Lees: 1 Sam 1-3
- Ondersoek die vervulling: 1 Sam 1:13-14 (Wenk: Sag 9:15; Hand 2:13).
- Delf dieper: Luister Hanno Pienaar se cd-lering: Is jy deel van die oorblyfsel?