“op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word. ” (Mark 16:18b, OAV)
Die vierde genadegawe, die gawe van genesing, is miskien een van die mees misverstane en misbruikte genadegawes.
Maar voordat ons enigsins oor die genadegawe van genesing praat, moet ons eers die Bybelse perspektief op siekte en genesing hê.
Met die sondeval van die mens in die paradys, het sy gees gesterf (Gen 3:3).Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, so het die dood tot alle mense toegang verkry, omdat almal gesondig het (Rom 5:12). Elke mens wat dus ‘n naeltjie het, is gebore in sonde: “Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.” (Ps 51:7).
Geen mens is derhalwe sonder sonde nie (1 Kon 8:46; Pred 7:20; 1 Joh 1:8), en die loon van die sonde is die dood (Rom 3:23a). Die angel van die dood is dus die sonde wat in ons heers (1 Kor 15:56a). Dit word treffend gestel in Rom 7:5: die sondige hartstogte werk in ons lede om vir die dood vrugte te dra. Hierdie vrugte is nie net die vrugte van die vlees nie (Gal 5:19-21) en vloeke (Deut 28:15) nie, dit is ook siektes – en die ongehoorsame mens sal verteer word deur siektes (Deut 32:24).
Siekte en die gepaardgaande dood is derhalwe die gevolg van die mens se gevalle toestand, nie nét die werking van Satan nie. In baie Charismatiese kringe word alle siektes deurgaans voor die deur van Satan gelê – dit is onskriftuurlik. Selfs God kan siekte gebruik as Hy wil – sien byvoorbeeld Deu 28:60 “Moreover he will bring upon thee all the diseases of Egypt, which thou wast afraid of; and they shall cleave unto thee.” The Message se vertaling van Job 15:18 stel dit treffend: “True, he wounds, but he also dresses the wound; the same hand that hurts you, heals you.”
Exo 15:26 is ‘n baie belangrike sleutel in die verstaan van siekte en genesing: “And said, If thou wilt diligently hearken to the voice of the LORD thy God, and wilt do that which is right in his sight, and wilt give ear to his commandments, and keep all his statutes, I will put none of these diseases upon thee, which I have brought upon the Egyptians: for I am the LORD that healeth thee.”
Hiermee word een van die name van God direk in verband gebring met genesing! God stel Homself hier bekend as Jehova Râphâ: I am the God that healeth thee! Die betekenis van râphâ in Hebreeus is “properly … mend … to cure, cause to heal, make whole” (Strongs). Thayer noem ‘n addisionele betekenis: “to make healthful” – dit is dus nie net genesing nie, maar ook voorkoming!
As Dawid dan in Ps 103:2-3 hierdie woorde proklameer: “Bless the LORD, O my soul, and forget not all his benefits, who forgiveth all thine iniquities; who healeth all thy diseases”, dui dit onteenseglik op die intensie en goedheid van God ten opsigte van die mens wat gevalle is in sonde, gebrokenheid en dood. In Jes 53 word dan ook geprofeteer oor die Christus wat sal kom en ‘n nuwe bedeling “teen sonde en ongeregtigheid” (Sag 13:1) moontlik maak. Johannes die Doper bevestig toe hy Jesus sien dat daardie belofte van God volvoer is: “Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Joh 1:29).
Jes 53:4-5 spel dit profeties só uit: “Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.”
Efes 2:1 sê dit ook mooi: “En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes.”
Daar moet derhalwe ‘n duidelike korrelasie te bespeur word in wedergeborens tussen geestelike en fisiese gesondheid – 3 Jo 1:2 hou dit soos volg voor: “Beloved, I wish above all things that thou mayest prosper and be in health, even as thy soul prospereth.”
In die profetiese vooruitskouing van Jer 33:6 maak God ‘n baie belangrike belofte aan die eindtydbruid: “Kyk, Ek laat vir die stad genesing en gesondmaking tot stand kom en sal hulle gesond maak en aan hulle openbaar ‘n oorvloed van duursame vrede.” Ons weet dat die Bruid as die stad die Nuwe Jerusalem voorgestel word (ja, dit is a people, not a place – Open 21:2!); die “genesing en gesondmaking” van die stad beteken letterlik “repairing or restoring”, die woorde wat Nehemia gebruik as hy praat van die herbou van die muur rondom Jerusalem (hfst 4). (Hiermee word die profesie van Miga 7:11 beslag aan gegee – maar later meer daaroor.)
As jy hierdie verband begin verstaan, begin Ps 147:2-3 vir jou totale nuwe profetiese en praktiese betekenis kry: “Die HERE bou Jerusalem op; Hy versamel van Israel die wat verdryf is. Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.” Om hierdie rede is ‘n meer ekstensiewe uitoefening van die genadegawe van genesing van die uiterste belang. Ons sal in die volgende lering in meer detail hierop terugkom.
- Sela: Probeer onder leiding van die Heilige Gees kom tot ‘n verstaan van alle vorme van siekte (fisies, emosioneel, psigies, geestelik, generational) waaraan jy lei. Skryf dit neer en begin die Here vra om Ps 103:2-3 ‘n realiteit in jou lewe te maak. Sign op vir jou persoonlike RDP van die Hemelse Regering: jou eie Reconstruction and Development Programme ☺
- Lees: Gen 48 en 49: Ps 48 en 49; Mat 18 en 19.
- Memoriseer: Mt 18:18-20.
- Vir dieper delf: Luister na Dr Anton Janse van Rensburg se cd-lering: Die vyf pilare van die tempel (gesondheidsorg)