“He took captive those who had captured us”
(Efes 4:8, GW)
Ten spyte van die simboliese betekenis van die slang op die paal as simbool van Yashua se kruisdood (Joh 3:14-15; Joh 12:32-33), is dit nog altyd vir my baie vreemd dat dit spesifiek ‘n slang is wat hier as simbool gebruik is. Met dit ingedagte dat alles in die ou verbond “became types of us” (1 Cor 10:6, YLT) moet ons dit ook ten opsigte van die slang as prototipe verstaan.
Onthou: dit was slange wat die Israeliete gepik het. Dit dui simbolies op die slang wat die mens aan die hakskeen byt (Gen 3:15), met ander woorde die Satan wat die mensdom met “sonde bevlek” (Jud 1:23). Maar dui die koperslang op die paal dan op Yashua? Dit kan tog nie wees nie – inderdaad: “watter ooreenstemming het Christus met Bélial?” (2 Kor 6:15).
Die vergelyking is egter nie ingestel op die beeld van die slang as sodanig nie. In die aanloop tot die verklaring van die beeld word die klem in Joh 3:13-14 baie spesifiek gelê: “En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is. En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word.” Joh 12: 32 benadruk dít ook: “En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.” Dit gaan oor die vooropstelling van die verhoging.
Verhoging in die Skrif dui konsekwent aan geestelike mag en outoriteit. Soos Dagon, die afgodsbeeld (1 Sam 5:2-3), sal alle gode en afgode en geestelike magte die knie buig voor die lewende God (Rom 14:11). As gevolg van sy gehoorsaamheid aan die Vader het God Yashua ook uitermate verhoog (Fil 2:9).
Lees dan nou weer Joh 3:14: niemand het opgevaar behalwe Hy nie; en Heb 1:3 spel eksplisiet uit dat Hy die hoogste ereplek beklee aan die regterhand van sy Vader. Die klem hierop dui dat Hy met sy verhoging met die Satan afgereken het – Hy het die superieure posisie van outoriteit ingeneem, veel hoër as wat Satan ooit geposisioneer is. Daarom sê Efes 4:8: “Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.” Die Engels stel dit raker: party vertalings sê: “He led away many prisoners” (CEV), “a host of captives” (ESV). Die God’s Word-vertaling sê: “He took captive those who had captured us”! Letterlik staan daar ook: “He took captivity captive.”
Dan vervolg die Skrif: nadat Hy die gevangenes wat ons gevange gehou het in gevangenis geneem het, het Hy dit vervang met “gifts unto man: “apostels, … profete, … evangeliste, … herders en leraars”. Die vyfvoudige bediening neem die heerskappy oor van Satan wat ons almal met ‘n ysterhand regeer het. Dié hand van God is vol salwingsolie.
Ons is in die wonderbare bedeling waarvan Isa 10:27 (Darby) geprofeteer het: “And it shall come to pass in that day, that his burden shall be taken away from off thy shoulder, and his yoke from off thy neck; and the yoke shall be destroyed because of the anointing. …”
Onthou ons het ses mannas gelede gesê die sluier sal deur korporatiefheid vernietig word (Jes 25:7) – die vyfvoudige bediening is die skadu van Sy hand: “En Ek het my woorde in jou mond gelê en in die skaduwee van my hand jou verberg; om die hemel te plant en die aarde te grond en aan Sion te sê: My volk is jy!” What a joy!
- Sela: Verduidelik aan iemand hierdie belangrike lering.
- Lees: 1 Sam 28-31
- Ondersoek die vervulling: 1 Sam 28 – wat beteken dit prototipies in die lig van hierdie lering?
- Delf dieper: Lees The Shadow of His Hand deur Oswald Chambers