Dag 490

“Casting down imaginations, and every high thing that exalteth itself against the knowledge of God”

(2 Cor 10:5, Websters)

 

Daar is niks as sodanig verkeerd met verbeelding nie – dis ‘n Goddelike toevoeging tot die mens se kreatiewe denke; dit is die reservoir, die baarmoeder van die skeppende Elohim waardeur ons in staat gestel word om ook uit niks uit voort te bring, soos Hy. Hierdie  “gees van wysheid” wat in almal wat “kunsvaardig” (Eks 28:3) is, werk, “God weet die weg daarheen, en Hy ken die woonplek daarvan.” (Job 28:23).

Maar dis die een fakulteit van die mens wat Satan gebruik om die mens in onrealiteit te laat voortdroom. Die meeste verwysings na verbeelding in die Skrif dra swaar aan hierdie negatiewe skeppende krag wat in diens van die Bose gekom het – dit woeker in ons soos ‘n kanker. Thomas van Aquinas het dit raak gesê: “Demons are known to work on men’s imagination until everything is other than it is.”

Dis om hierdie rede dat Jesus vir die vrou by die put gesê het Hy soek ‘n nuwe geslag aanbidders wat Hom in gees en realiteit (die wortel van die woordjie waarheid) kan aanbid (Joh 4:24) – verbeelding beteken nie ‘n verbeelde wêreld nie. Yashua stel dit soos volg: “If then the son may make you free, in reality ye shall be free.” (Joh 8:36, YLT).

Die probleem is dat die meeste mense as ‘t ware deur die werklikheid bedreig word en dat hul nie daarmee wil cope nie. Deur ‘n verbeeldingswêreld te skep, ontsnap hulle aan die eise van die realiteit. Die skrikwekkende waarheid is dat hierdie verbeeldingswêreld void of God is; Yahwe en sy Gees is nie in daardie verbeelde, geromantiseerde wêreld nie – dit is ‘n plek waar verskeie bose gestaltes hulleself gerieflik tuisgemaak het, ‘n “habitation of the wilderness”, soos Jer 9:10 dit noem. Jy skep in seker aspekte van jou lewe ‘n “refuge of lies” (Isa 28:17, ASV) waarheen jy kan ontsnap – dit word ‘n afgod waarvoor jy buig en word met verloop van tyd ‘n vashegtingsplek vir demoniese werking.

Dit het allerlei gevolge: jy word onverklaarbaar neerslagtig, depressief, wil onttrek, lei aan “a kind of erratic melancholy”. Jy leef verskillende lewens: by die kerk so, by vriende so, by die werk so, m.a.w. dra verskeie maskers en verander daarin – ‘n tipe geestelik veelvuldige persoonlikheid.

‘n Verbeeldingswêreld maak jou wyd oop vir demoniese werking, veral as jy ‘n gelowige is. Jes. 34:13-14 beskryf hul so in die Douay-Rheims Bible van 1899: “And thorns and nettles shall grow up in its houses, and the thistle in the fortresses thereof: and it shall be the habitation of dragons, and the pasture of ostriches. And demons and monsters shall meet, and the hairy ones shall cry out one to another, there hath the lamia lain down, and found rest for herself.” Die Afrikaanse OV praat van die veldduiwels en naggeeste wat in jou ‘n rusplek kry; die KJV praat van saters! Duidelik is daar allerhande demoniese gestaltes wat ‘n reële teenwoordigheid het in ons daaglikse lewe kan verkry.

1 Joh 3:19 se vertaling in The Message is die antwoord op hierdie groot probleem in die wêreld en in die Christendom: “This is the only way we’ll know we’re living truly, living in God’s reality.” Dus: Cast down imaginations.

 

  • Sela: Vra Yahwe om jou enige verbeeldingswêreld in jou uit te wys. Implementeer  2 Kor 10:5.
  • Lees2 Sam 10-12
  • Ondersoek die vervulling: 2 Sam 11:1. (Wenk: Efes 4:27).
  • Delf dieper: Kyk na die film The Matrix I ten opsigte van hierdie tema.