
“gee aan die duiwel geen plek nie.”
(Efes 4:27, OAV)
In die voorlaaste manna se Ondersoek die vervulling het ons gekom by 2 Sam 11, en ons wou spesifiek die tipologie van vers 1 gaan bekyk. Die CEV-vertaling beskryf dit só: “It was now spring, the time when kings go to war. David sent out the whole Israelite army under the command of Joab and his officers. They destroyed the Ammonite army and surrounded the capital city of Rabbah, but David stayed in Jerusalem.”
Alvorens ons hierdie gedeelte bekyk, is dit belangrik om die paar realiteite wat ons tot dusver rondom Satan kon vasmaak, bymekaar te sit:
- Ons het nie ‘n gees van slawerny ontvang nie.
- Ons is bevry van die vrees vir die dood, die primêre agens wat slawerny in die gees veroorsaak, en dit beteken veral ook dat ons moet weet wat Yahwe ons in Yashua se kruisdood gegee het teen die mag van sonde.
- Toe Yashua aan die vloekhout sterf, word die mag van die sonde oor die mens verbreek, en die dood tot niet gemaak.
- Die gelowige mens se “warfare has ended” en die Bose het geen vat op ons nie.
- Die duiwel is ‘n draak, nou in die nuwe verbond, ‘n dier wat is wat nie is nie – hy kry gestalte deur ons vrees en ons verbale erkenning en gestaltegewing aan hom.
- Yahwe het die heerskappy wat Satan homself toegeëien het, met geweld by die kruis afgeneem en aan die korporatief van die Bruid en die vyfvoudige bediening gebied. Yashua het al die geeste wat ons gevange gehou het, gevange geneem. Die sluier wat Satan oor die mensdom geweef het, word só
- Ons het in Christus die mag gekry om op die duiwel en sy demone te trap; ons het mag oor al die krag van die vyand; en hulle het geen outoriteit oor ons of sal ons skade doen nie.
- Al die demoniese heerskappye sal ons vereer en gehoorsaam wees.
- Niks kan jou uit Yahwe se hand gryp nie, mits jy in Hom bly. Your life is hidden in Christ.
- Al wyse hoe Satan jou lewe kan beïnvloed, is deur jou te mislei oor sy mag en heerskappy in jou en deur jou beleweniswêreld.
- Satan kan net werk deur jou “ou mens”, wat reeds aan die kruis vasgespyker is, en deur ‘n verbeelde realiteit.
- Satan se name wys uit hy kan nét praat – dit word ‘n geweldige belangrike sleutel in jou verstaan van jou outoriteitsposisie in Christus.
Terug by Dawid, die “man na God se hart” (Hand 13:22); prototipies gelees was Dawid ‘n koning, met ander woorde hy moes sy posisie van heerskappy inneem (Open 5:10). Dit het gevra dat hy geestelike onderskeiding (Heb 5:14) moes beoefen, en om kundige insig in die tye en seisoene (soos die seuns van Issakar) te hê (1 Kron 12:32). Maar Dawid was hier nie in posisie gewees nie en derhalwe het die Satan hom in die versoeking kon lei. Gee aan die duiwel GEEN plek nie.
- Sela: Waar gee jy Satan plek in jou lewe?
- Lees: 2 Sam 16-18
- Ondersoek die vervulling: 2 Sam 16:5-14. (Wenk: Jes 57:15; Rom 12:16; Ps 34:18).
- Delf dieper: Lees John Bevere se Enemy access denied.