“Awake, awake, put on thy strength, O Zion; put on thy beautiful garments, O Jerusalem, the holy city: for henceforth there shall no more come into thee the uncircumcised and the unclean.
Shake thyself from the dust …” (Isa 51:1-2, ASV)
Ons het al daarna verwys dat die boek Openbaring die Bruid van Yashua beskryf as “die Nuwe Jerusalem” (Open 21:2). As daar profeties in hierdie Skrifgedeelte hierbo oor Jerusalem en Sion (die ander simbool van die Bruid) geskryf word dat daar geen onbesnedene of onreine daar sal inkom nie, is dit ‘n baie belangrike sleutel.
Die slang, weet ons, leef uit die stof van menslikheid of vleeslikheid (Gen 3:14; Jes 65:25). As hy dit nie eet nie, kan hy nie leef nie! Derhalwe baljaar hy nog onder die mense in die wêreld wat onder sy beheer is en vreet hom versadig aan hulle wat wandel “volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug”. Dit is die “gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk” (Efes 2:2). In die volgende vers sê Paulus dat ons almal as ongereddes ook op die spyskaart van Satan was toe ons “gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het”. Dis deur jou vleeslikheid dat die mens aan Satan gestalte gee. Ware geestelikheid will let him starve to death.
In 2 Cor 15:49 (Ampl) stel Paulus dit so: “And just as we have borne the image [of the man] of dust, so shall we and so let us also bear the image [of the Man] of heaven.” Waar ons altyd van die inkarnasie gepraat het as “The act of assuming flesh, or of taking a human body and the nature of man; as the incarnation of the Son of God” (Webster’s), vind hier nou ‘n resiprokale inkarnasie plaas – ons ontvang ‘n Goddelike natuur (2 Pet 1:4)!
Die enigste plek in wedergebore, Geesvervulde gelowiges waar Satan homself kan laat geld, is as ons hom toelaat om ons deur ons vleeslikheid toegang tot ons lewens te kry. Soos wat ons in die lig loop (Efes 5:8; 1 Joh 1:7), in die gees wandel (Rom 8:4, Gal 5:14 & 25), is daar GEEN VEROORDELING meer nie (Rom 8:1). Onthou: Satan kan jou net veroordeel, beskuldig, verkla. As jy in die gees loop, het hy sy houvas op jou verloor. (Onthou: dit beteken nie jy doen alles nou reg en daar is geen oortreding meer nie – jy kan nie anders as om verkeerd te doen nie – Rom 7:14-15. Dit beteken jy mis jou nie skeppingsdoel nie – jy stap in GEHOORSAAMHEID.)
Sien raak: Satan werk in die kinders van die ongehoorsaamheid!
Omdat Satan weet dat Yahweh sy plan kan voltrek in en deur die Bruid van sy Seun, haat hy die Bruid (Sy inkarnasie – 1 Joh 3:2). Die beste om dit te verduidelik, is aan die hand van die manjifieke rolprent oor die lewe van Mozart, Amadeus, waar Salieri hier die simboliese understudy van die Bose Een word in sy tirade met God oor die uitverkore Mozart (simbolies van die Bruid): “From now on we are enemies, You and I. Because You chose for Your instrument … an infantile boy … and give me only the ability to recognize the Incarnation. I will block You. I swear it. I will hinder and harm Your creature here on earth as for long as I am able. I will ruin Your Incarnation.”
Shake thyself from the dust …
- Sela: Bid die masskrif hierbo.
- Lees: 2 Sam 19-21
- Ondersoek die vervulling: 2 Sam 19:26. (Wenk: Wie is Mefisboset in die lig van hierdie lering?)
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Becoming the Beloved – ‘n Posisie van Veiligheid