Dag 495

“uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig”

(1 Pet 2:9, OAV)

 

Om in die gees te wandel, is om nié in die vlees te wandel nie (Rom 8:4). In Gal 5:16 & 25 moedig Paulus ons eweneens aan om in die gees te wandel, want dan sal ons nie die begeerlikhede van die vlees volbring nie. Maar wat beteken dit presies om in die gees te wandel? Dis een van daardie uitdrukkings wat almal gebruik, maar wat baie mense presies weet wat dit beteken.

Yashua het op verskeie plekke gewag gemaak van die feit dat ons in die LIG moet wees, en dan sal ons nie in die duister wandel nie (Joh 8:12; 11:9 & 10; 12:35). In Efes 5:8 maan Paulus ons om as kinders van die lig in die lig te wandel, so ook Johannes in 1 Joh 1:7.

Om in die gees te wandel is dus ekwivalent met om in die lig te wandel (en dis die teenoorgestelde as om in die vlees te wandel).

Met jou wedergeboorte, sê Kol 1:12, kan jy deel hê “aan die erfdeel van die heiliges in die lig”, wat in vers 13 gekwalifiseer word as: “Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun”. 1 Pet 2:9b stel dit duidelik dat Hy ons “uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig”.

Daar is dus ‘n enorme verskil tussen dié wat wedergebore is en dié wat nié is nie – die eerste groep leef in die lig, wandel in die gees en is in die koninkryk van die lig; die tweede groep wandel in duisterheid, wandel in die vlees en is in die koninkryk van duisternis. Hierdie uitvoerige vertaling van Efes 2:1-3 in die Amplified Bible spel dit raak uit: “AND YOU [He made alive], when you were dead (slain) by [your] trespasses and sins in which at one time you walked [habitually]. You were following the course and fashion of this world [were under the sway of the tendency of this present age], following the prince of the power of the air. [You were obedient to and under the control of] the [demon] spirit that still constantly works in the sons of disobedience [the careless, the rebellious, and the unbelieving, who go against the purposes of God]. Among these we as well as you once lived and conducted ourselves in the passions of our flesh [our behavior governed by our corrupt and sensual nature], obeying the impulses of the flesh and the thoughts of the mind [our cravings dictated by our senses and our dark imaginings]. We were then by nature children of [God’s] wrath and heirs of [His] indignation, like the rest of mankind.”

In die Koninkryk van Lig het die Prins van Duisternis géén reg of vat op jou nie. Wuest’s Expanded Translation se vertaling van Eph 4:27 spel dit uit: “And stop giving an occasion for acting [opportunity] to the devil.” Die meeste wedergeborenes is “doubleminded” (Jam 1:8, ASV), “there is a division in their mind” (BBE), “a man of two minds” (WNT). Hulle sal van God niks ontvang nie. Besluit vandag waar jy staan en vernuwe jou denke (Rom 12:2). Onthou: soos ‘n mens dink, so ís hy (Spr 23:7)

 

  • Sela: Vra God om die demoniese denkkonstrukte van Satan in jou te verwyder.
  • Lees2 Sam 22-24
  • Ondersoek die vervulling: Vergelyk die oënskynlike teenstrydigheid tussen 2 Sam 24:1 en 1 Kron 21:1
  • Delf dieper: Lees Francis Schaeffer se True spirituality.