Dag 499

“Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.”

(1 Joh 3:8b, OAV)

 

Die vorige lering het vir ons onteeneglik uitgewys dat by die kruis is ‘n proklamasie gemaak dat ons skuld ten volle betaal is, en dat die skuldbrief teen ons aan die kruis vasgespyker is. Die Message-parafrase van Kol 2:14-15 is besonder treffend: “Think of it! All sins forgiven, the slate wiped clean, that old arrest warrant canceled and nailed to Christ’s Cross. He stripped all the spiritual tyrants in the universe of their sham authority at the Cross and marched them naked through the streets.”

Die Skrif in 1 Joh 3:8b maak egter ‘n baie belangrike uitspraak wat ons moet vasmaak: “Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.” Die woordjie verbreek in Grieks is luo, wat volgens die NASB Hebrew-Greek Key Word Study Bible twee betekenisse het. Allereers is dit ‘n juridiese woord: “(1) to pronounce or determine that something or someone is no longer bound; (2) to dissolve or void a contract or anything that legally binds”. Die letterlike betekenis is “to dissolve, or melt, break, beat something to pieces or or untie something that is bound”. Dis duidelik dat die kruis van Yashua nie net regsgrondig nie, maar ook letterlik klaargespeel het met enige legal right . Dis volbring. Lo, Done.

Maar as ons hierdie gebeurtenis sien as ‘n hofuitspraak van ‘n regter, dra dit alle reg om effektief toegepas te word. Hierin misverstaan ons die mandaat wat die wedergebore seuns van God ontvang het. Maar dit moet nog enforce word.  Ons, wat vrygemaak is van die mag van sonde en die werke van die duiwel, word geroep om sy oorwinning aan die kruis tot volvoering te laat kom. As Hy in Joh 17:4 aan die Vader sê: “Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring,” word dit in vers 18 gekwalifiseer: “Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.” Dit geld ook vir my en jou: “Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo, dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.  …” (verse 20-21).

Petrus se mandaat in Mat 16:19 is ook ons mandaat: “En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.” Die woordjie “ontbind” hier, is in Grieks luo, die woord wat hierbo as “verbreek” vertaal is. Die teenoorgestelde daarvan is óók ons taak: in Grieks deo. (Let wel, asseblief Hierdie Skrif het NIKS te make met demone bind nie.)

Ons mandaat in Christus is luo en duo. Dit word vir my die beste uitgespel deur die opdrag aan Jeremia (1:10): “Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes, om te bou en te plant.”  Dutch Sheets verduidelik dit só: “ Although Jesus fully accomplished the task of breaking the authority of Satan and voiding his legal hold upon the human race, someone on earth must represent Him in that victory and enforce it.”

 

  • Sela: Verduidelik hierdie asemrowende outoriteit wat ek en jy ontvang het aan iemand.
  • Lees1 Kon 10-12
  • Ondersoek die vervulling: 1 Kon 10:4-5 (Wenk: Mat 12:42).
  • Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Poorte van die hel – Satan skep valse realiteite.