“maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete” (Heb 10:12-13, OAV)
In Ps 110:1 word ‘n ontsettend belangrike uitspraak vir die eerste keer in die Bybel gemaak, ‘n uitspraak wat nie minder nie as sewe keer herhaal word nie. Die sewende keer is in die aanhaling hierbo. (Dit kom ook voor in Mat 22:44, Mark 12:36, Luk 20:34; Hand 2:35; Heb 1:13.)
Die aanvangsgedeelte in Ps 110 val in die meeste vertalings vreemd op die oor: “Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ‘n voetbank vir u voete.” Die onvoldoende vertalings van die verskillende Name van Jahwe en Yashua veroorsaak dikwels onnodige verwarring. Grofweg vertaal, sou dit meer korrek lui: Jehova sê aan sy Meester/Adonai … (Onthou: Adonai beteken bloot Meester, en is dus ‘n titel en nié ‘n naam nie.) In John Gill’s Exposition of the Entire Bible sê hy oor die identiteit van die twee figure in Ps 110:1: “These are the words of Jehovah the Father to his Son the Messiah.” Sela.
Aan die Seun word die opdrag gegee dat Hy: 1) aan sy regterhand – die plek van outoriteit – moet sit; en 2) dat Hy, die Vader, sy vyande onder sy (=Yashua se) voete sal laat plaas. Let mooi op asseblief – dit is dus nie Yashua wat die vyand hanteer en onder sy voete sit nie. Yahwe laat dit gebeur – deur hulle wat die outoriteit van Hom ontvang het om die oorwinning aan die kruis te implementeer! Deur ons aksie we enforce the victory of Jesus on the cross. Paulus skryf hierdie vreemde ding in Col 1: 24 (AMPL): “[Even] now I rejoice in the midst of my sufferings on your behalf. And in my own person I am making up whatever is still lacking and remains to be completed [on our part] of Christ’s afflictions, for the sake of His body, which is the church.” Alhoewel die kruisdaad van Jesus ‘n volledige daad is, het God dit so bewerk dat ons, die Bruid van sy Seun, daardie daad “volledig maak” in die praktyk. Die WE-vertaling sê dit ook raak: “And now, even though I suffer for you, I am happy. There are still some things for Christ to suffer in his body, which is the church. So I am glad to take my share of his suffering in my body.”
Uiteraard is die “dra” van die laste en wonde nie net ‘n identifikasie daarmee nie, maar ons dra dit ook as ‘t ware weg! As deel van Luk 1:17 se mandaat moet ons ‘n “toegeruste volk” word om die kragtigste wapen van Jesus se kruisdood te implementeer in die wêreld en sodoende alles met Christus te versoen (Hand 3:21). Hy het die Nuwe Verbond moontlik gemaak; ons is die dispensers daarvan; He “qualified us to be ministers of a new covenant” (2 Cor 3:6, ISV). En wat administer ons? As priesters (Open 5:10; 1:5; 1 Pet 2:9) van ‘n nuwe priestersorde (Heb 6:20), bedien ons al die wonderbaarlike voordele van die nuwe verbond aan ‘n gebroke, verlore mensdom; ook aan die skepping. Jesus is die balm van Gilead (Jer 8:22), maar met die salwing wat ons van Hom ontvang het, breek ons elke juk (Jes 10:27). Jesus is die lewende water, die fontein van lewe (Jer 2:13; 17:13), maar ons is die “skepding” (Joh 4:11; Jes 12:3) waarmee die water oorhandig word. Die volheid van God die Vader se liefde (let wel: die totaliteit van Hom wat liefde IS) is reeds in ons harte uitgestort, sê Rom 5:5. Dis daar vir die oorvloeding van die aarde. Maar net ek en jy kan dit doen as “sons of the right hand”!
- Sela: Is jy ‘n “son of the right hand”?
- Lees: 1 Kon 13-15
- Ondersoek die vervulling: 1 Kon 15:10 & 13 (Wenk: Slaan die betekenis van die name na.)
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die Priesterorde van Melgisèdek – Kwalifiseer ek?