“The way of life is above to the wise …” (Prov 15:24, KJV)
Ons het in die vorige Manna die werkwoordproses van “translate” verduidelik; as jy “translate” word, IS jy ‘n “translation”. Dit sou die mooiste verhelder kan word met die begrip: verandering in transito. Dit gaan dus nie oor die bestemming nie, maar oor die reis. In Phil 3:14 (AMPL) sê Paulus: “Christ Jesus is calling us upwards…” Dit maak ons “partakers of the heavenly calling” (Heb 3:1); dis eweneens die “hoë roeping” waarvan Paulus in Fil 3:14 van praat. Hierdie aspek hoort streng gesproke tuis in die derde dimensie, die Allerheiligste, en ons is nou nog net besig met die eerste dimensie, die Voorhof, maar die transisie van posisie begin reeds progressief vanaf die eerste dimensie. Ons is besig met ‘n ontvouende openbaring soos ons op dié “highway of holiness” (Isa 35:8-9) beweeg.
Dis daarom nie vreemd nie dat “the way of life” (wat gelyk gestel moet word aan Christus – Joh 10:10 en 14:6) na bo is nie. Die soldatebruid sing nie: Voorwaarts Mars! nie, maar Opwaarts mars! Dis opwaarts, maar eindig nie in die hemel nie! Soos baie dinge in die Hebreeuse denkpatroon, is hierdie nie ‘n lineêre patroon nie, maar ‘n sikliese patroon. Soos met Jakob by Betel (Gen 28:12), is die bo-end van die leer in die hemel én die voet-end van die leer is ook in die hemel, al is dit op die aarde! Letterlik: soos in die hemele, so ook op die aarde (Mark 6:10). Op hierdie leer – soos Joh 1:51 vir ons pragtig prototipies uitspel, is die leer niemand anders nie as Jesus – beweeg die engele (Sy boodskappers van wind en vuur – Heb 1:7) op en af. Soos telkens in die Skrif, met die ingaan in die Jordaan (in Hebreeus beteken dit: decending), is daar ‘n hoër posisie in Christus, in die hoë roeping, wat bereik word. Na Jesus, ons Voorbeeld, met sy doop in die Jordaan afgegaan het, is Hy tot ‘n hoër posisie van heerlikheid verhef (Mark 1:9-11).
Bepaald is die land anderkant die Jordaan “die mooi land” (Deut 3:25); as jy daardeur gaan, neem jy “stede wat groot en tot aan die hemel versterk is” (Deut 9:1) in besit! Anderkant die Jordaan lê die land wat “God julle laat erwe, en Hy sal julle rus gee van al julle vyande rondom, en julle sal veilig woon” (Deut 12:10). Daar is die ongelooflike belofte van God, dat “die verbondsark van die HERE … trek voor julle uit die Jordaan in” (Jos 3:11). As jy nie die regte tongval-translation besit nie, sal jy by die Jordaan-driwwe omkom (Rigt 12:6). Dit is hier by die Jordaan wat die mantels van die geestelike voorvaders val (2 Kon 2:7 & 13). Dikwels moet ons soos Naäman menigvuldige kere in die Jordaan gaan alvorens ons gereinig kan word (2 Kon 5:10-14; Ps 12:6). Daar is ‘n tyd dat die Jordaan “agteruitgewyk” – die “decender decend” (Ps 114:3) – dood, waar is jou angel (1 Kor 15:55)!
Om op die pad van hierdie hoë roeping in Christus te beweeg, moet jy telkemale afduik in die Jordaan (wat niks anders word nie as die hel – ons kom later in detail daarby), maar in die “opvaart” you “take captivity captive” (Eph 4:8). As jy daar in die dieptes sterf, word jy in die hoogste hemele translate. Dis presies dieselfde as die hoëpriester se translation deur die voorhangsel! Inderdaad: “the way of life is above”.
- Sela: Het jy al translate?
- Lees: Ps 52-54
- Ondersoek die vervulling: Ps 52:3 & 6 (Wenk: Vandag se lering hou die sleutel.)
Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Crossing the Jordan