“Maar ek het hom laat weet: Daar het nie sulke dinge gebeur as dié waar jy van spreek nie, maar jy het dit self versin.” (Neh 6:8, OAV)
Uit die navorsing oor nabydoodse ervarings wat in die vorige Mannas aangebied is, is dit duidelik dat ons geensins dié ervarings kan gebruik om iets oor die hemel te verifieer nie. Die mees logiese rede vir die gemeenskaplikheid van die ervarings is uit ‘n mediese oogpunt. Uit die fisiologiese en mediese prosesse is bykans al die kenmerke van NDEs te verklaar. In hierdie Manna wil ons uitwys hoe al hierdie dramatiese fisiologiese gebeure die brein dwing om daarvan sin maak.
Die psigologie ten grondslag van die NDE behels uiteraard die brein se vermoë en funksie om alle inligting te integreer tot ‘n “sense-making fiction”, om ‘n mooi frase van Reichert te gebruik. Die mens se totale synsfunksie en omgaan met die werklikheid is ‘n funksie van sy geloof. Die mens sien soos sy geloofsoë hom toelaat, al is sy geloof dan ook dat hy in niks glo nie. Lawson, in sy artikel ‘The fallacy of scientific objectivity’ (in The Listener) stel dit so: “What we see depends on how we choose to look at reality. As a result, it is not possible to imagine that we can in some pure and unhindered way examine reality. We can only do so in the light of a theory or hypothesis. We see the things that we do, the everyday objects that surround us, because of the way we structure the data we receive.”
Dit wat die mens in die uur van die naderende dood ervaar, moet deur die brein gerasionaliseer en verdiskonteer word. Alle psigologiese denkmodusse en verdedigings-meganismes word ingespan om aan sy quest for order beslag te gee. Die brein se onbewuste missie is om ‘n kennissisteem op te bou wat al die trauma van die ervaring kan vasvang en interpreteer, “and to form patterns of explanation that might help him attain some mastery over his environment” (Kline, in sy boek oor die proses van singewing: Mathematics and the loss of certainty). Hierdie interpretasie van nuwe gegewens word ALTYD geïntegreer met dit wat die persoon vroeër in sy lewe gehoor het oor die saak, met ander woorde dit wat reeds in sy kennissisteem bestaan.
Die sterwende mens se ervaringe word dus binne sy bestaande unieke konseptuele orde geïnterpreteer. Ook word hierdie mens se kenne in ‘n bepalende mate gerig deur “an internalized awareness of institutional goals and practices, of norms of behaviour, of lists of do’s and don’t’s, of invisible lines and the danger of crossing them” (Stanley Fish: Is there a text in this class? The authority of interpretive communities.) wat deel van hierdie raamwerk uitmaak.
Sonder om in te veel teoretiese detail te verval, is dit belangrik om daarop te let dat denke (soos taal) gestruktureerd is, en dat die wesensaard van albei skematies is. Psigolinguistiese navorsing wys uit dat net die “buitelyne” van kennis bestaan – die inhoude word bepaal deur die ongedetermineerde belewenisse wat dan binne hierdie skematiese raster geïntegreer word. Wat die sterwende mens medies en fisiologies ervaar, word geïnterpreteer deur sy geskematiseerde konseptuele geloofsraam. Dit kan ‘n mens dan ook ‘n verwagtingshorison noem.
In ‘n veelheid van impulse soek die brein ooreenkomstighede, en word betekenis-verbande konseptueel gelê. Die psigolinguis Susan Langer (in haar artikel ‘The growing center of knowledge’) het mooi uitgewys: “Because we see one thing in another – life in the candle flame, death in sleep, time in the flowing stream, space in a bowl or in the sky that we see as an inverted bowl – the vast multiplicity of experiences compose one world for us.” Híérdie geïntegreerde wêreld is die gevolg van alles wat ons van speenoud af oor die dood, die hiernamaals, hemel, hel, oordeel, nabydoodse ervarings, en so meer gehoor en in ons konseptuele raamwerk skematies geïntegreer het. Die mens wat voel dat hy besig is om te sterf (of dat iets vreemd besig is om met hom te gebeur, wat as doodgaan geïnterpreteer kan word), ook met al die ervarings en sensoriese en ander besonderhede wat so ‘n mediese toestand induseer, “verklaar” dit alles ooreenkomstig aan die hand van die skemata van sy verwagtingshorison.
Die sterwende mens ervaar met ander woorde nie dit wat teenwoordig/“present” is nie, maar eintlik ‘n representation (by gebrek aan ‘n mooi Afrikaanse woord). Die woordeboek verduidelik hierdie term soos volg (en sien hoe dit verduidelik hoe mense dan ervaar hulle gaan hemel toe): Represent: “1. Bring clearly before the mind, esp. by description or imagination, point out explicitly … 2. Display to the eye, make visible; … 3. Symbolize.” Die sterwende mens se waarneming en ervaring op sy doodsbed is nie ‘n presentasie van die werklikheid nie, maar ‘n representasie, ‘n interpretasie op grond van sy verwagtingshorison.
Oatley, in sy boek Perceptions and representstions: the theoretical basis of brain research and psychology, sê die volgende: “only in our mental processes are the rules, and knowledge, and inferences contained, to make meaningful sense of the external event”. Op Afrikaans sou ‘n mens die mooi woord “interferensie” uit die fisika kon gebruik, die konsep wat dui op invouing van twee onafhanklike gegewens (hier: ervaring en verwagtingshorison) wat mekaar beïnvloed en een word. Dit verklaar die hallusinasies en visioene wat mense met NDEs ervaar. Dis visueel verskerp, maar dikwels vloeiend; dit kan ook ouditiewe sensoriese be-lewenisse word, wat gestalte vind in stemme wat praat. Só word dit dan, skematies “gefuse” deur interferensie, sodat dit die gestaltes van goddelike wesens en gestorwe geliefdes kan aanneem.
Enige invloed op die temporale lob van die brein (deur byvoorbeeld enige psigomotoriese aanval) kan lei tot “déjà vu”-ervarings, wat dikwels ‘n droomstaatervaring meebring. ‘n Belangrike illusie wat dit veroorsaak, word outoskopie genoem, die sensasie of oortuiging dat die pasiënt homself van ‘n afstand af waarneem.
Ter opsomming: Dr Greene, in If I should wake before I die (pp. 152-3; 204), na sy ekstensiewe studie oor NDEs, kom tot hierdie gevolgtrekking: “It would seem that any event that can be produced by stimulations of the brain is not really a vision of the afterlife or a trip to heaven. Such visions are simply a set of neural discharges coming from a complex area of the brain that integrates such functions as vision, emotion, hearing, memory, perception of time, language, moods, attitudes, and social behaviour. This is not as romantic as the concept of the NDE but is probably a better explanation … It is highly unlikely that God would give us a key to enter heaven through these operating-room experiences … The brain must try to ‘make sense’ of these unusual sensory inputs, and it does so in a way consistent with the background (particularly the religious background) of the person having the medical catastrophe. The person’s concept of the afterlife will influence the interpretation of the bright lights, the tunnel, the noises, and the other sensations bombarding the person who knows that a life-thretening event is occuring. We are all familiar with pictures of bodies and angels hovering over a sick or recently deceased person. All of us have concepts of what heaven or hell might be like. All of us are familiar with stories of people taking a journey to heaven. This mental background forms the basis for the NDEs.”
- Sela: Probeer aan iemand die regte perspektief bied op NDEs.
- Lees: Ps 118-119
- Ondersoek die vervulling: Verklaar Ps 119:25 in die lig van Rom 8:2-3
- Delf dieper: Lees W.M. Alnor se boek: Heaven can’t wait: A survey of alleged Trips to the Other Side.