Dag 605

 

“Die HERE is genadig en regverdig, en onse God is ‘n ontfermer. ” (Ps 116:5, OAV)

Uit ons ondersoek na nabydoodervarings het ons in die vorige Manna stilgestaan by verskeie sake wat nadere toeligting gevra het, en wat wyer strek as bloot hierdie onderwerp. Ons knoop net ‘n paar argumentasielyne vas:

  • Die mens se drieledige aard, sy liggaam, siel en gees is verduidelik, met die oog daarop om uit te wys dat die wedergebore mens se gees met sy sterfte na God gaan, sy siel gaan doderyk toe en sy liggaam na die aarde, waar dit stof word.
  • As gevolg van die algemeen-gebruikte verduideliking van die begrip ‘siel’ word dit dikwels gesien as verganklik, terwyl dit wesenlik die somtotaal van die “innerlike mens” (Rom 7:22; 2 Kor 4:16; Efes 3:16) is wat nié deur die eerste dood vernietig word nie. Die siel is nie per definisie onsterflik nie, maar – soos die Blumhardts in Thy Kingdome come dit pragtig gestel het: “ (it) lies within the embryo of eternity”. Die unieke essensie van menswees wat ons siel noem, moet “gerestoreer” (Ps 23:3) word; kan ook skade kry (Mat 16:26); maar God kan ook die siel wegneem (“cast off” in Job 27:8, YLT).
  • Die einddoel van die geloof is die saligheid van die siel. Hierdie transformasie van die goddelike natuur van die “inner man”, soos John & Paula Sandford dit benoem het in The Transformation of the Inner Man, is die proses van heiligmaking waarsonder niemand God sal sien nie (Heb 12:14).
  • Die nie-geredde mens se siel gaan eweneens doderyk toe,.
  • Die mens se siel rus egter in die doderyk in ‘n staat van nie-bewuswees.
  • Wat presies met Jesus gebeur het na Hy gesterf het, is deurgetrap, en ons het in daardie ondersoek tot die slotsom gekom dat al die siele wat vóór Jesus geleef en gesterf het, almal in die doderyk was, en dat Hy daar vir hulle die boodskap van verlossing gebring het.
  • Almal ná die opstanding van Jesus het nie noodwendig die boodskap van verlossing  gehoor nie. Rom 1:19-20 verduidelik dat as hul God aanbid, selfs al ken hul Hom nie in Christus nie, m.a.w. Hy is vir hulle ‘n “onbekende god” soos vir die Atheners (Hand 17:23), maar hulle erken en gedenk Hom, sal God hul in genade aansien. Dit geld eweneens alle babas en kinders wat nog nie die volle verlossingsboodskap verstaan of kon aanneem nie. God bied vir hulle almal uitkomste teen die dood (Ps 68:20).

 

  • Sela: 2 Kor 4:16 in die lig van die lering.
  • LeesPs 133-135
  • Ondersoek die vervulling:  Ps 133:1 (Wenk: 1 Joh 3:14)
  • Delf dieper:  Lees die boek van John & Paula Sandford: The Transformation of the Inner Man,