“so sal ons ook die beeld van die hemelse dra” (1 Kor 15:49, OAV)
Uit die vorige Manna het ons gesien dat die Ou-Testamentiese profeet Sagaria geprofeteer het dat in die Koninkryk van God wat OP DIE AARDE gaan kom, “the lowliest, weakest person will be as glorious as David and the family of David itself will be godlike, like the Angel of GOD leading the people” (Zec 12:8, MSG). Elkeen in die Koninkryk van God word “met ons woning uit die hemel oorklee” (2 Kor 5:2), “sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word” (vers 4). Dit gebeur, soos Paulus gesê het: “sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik” (Fil. 3:11).
Paulus, die grootste apostel van die nuweverbondslewe, twyfel of hy dalk eendag uit die dood uit sal opstaan? Indien dit is wat hier staan, is ook hý een van “die ellendigste van alle mense” waaroor hy in 1 Kor 15:19 gepraat het, dié wat nie die hoop op die opstanding uit die dood het nie. Die Amplified Bible spel die ware betekenis hiervan mooi uit: “That if possible I may attain to the [spiritual and moral] resurrection [that lifts me] out from among the dead [even while in the body].” Daar is ‘n opstanding uit die dood EVEN WHILE IN THE BODY! Die Skrif verwys daarna as “die eerste opstanding” in Open 20:6 – “Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.”
Ons het telkemale reeds gewys daarop dat God ‘n “koninklike priesterdom” (1 Pet 2:9) oprig, nou reeds, om as konings en priesters op die aarde te heers (Open 5:10). Hulle is diégene wat die eerste opstanding uit die dood ervaar het terwyl hul nog in die vlees lewe, met ander woorde nie fisies gesterf het nie! As Johannes hierdie groepering mense beskryf (wat ons kortweg kan tipeer as die Bruid), sien hy hulle in Open 20:4 só: “En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.”
Die onthoofdes sal met Christus regeer, ja, hulle wat in die spoor gevolg het van die eerste prototipe van die Nuwe Verbond (Mat 11:11), Johannes die Doper, wat sy hoof moes verloor (Mat 14:8-10) sodat Christus sy hoof kan word (Efes 1:10; 4:15)! Daarom sal elkeen wat deur hierdie opstanding uit die dode gaan (nog in hierdie aarde bedeling terwyl hul in die lewe is), “die beeld van die hemelse dra”. 1 Kor 15:49 spel dit netjies uit: “En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.” Vers 48 maak dit onteenseglik duidelik: “Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.” Daar is dus “hemelse mense” op aarde wat reeds gekom het by die “hemelse Jerusalem” (Heb 12:22)!
Het jy al die opstanding uit die dood gehad terwyl jy nog lewe?
- Sela: Beantwoord die vraag hierbo. Dit is van lewensbelang vir jou as gelowige.
- Lees: Ps 148-150
- Ondersoek die vervulling: Ps 149:1 (Wenk: Heb 2:12)
- Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: “Vrees vir die dood hou jou in slawerny”.