Dag 618

 

“En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is.”  (Luk 13:16, OAV)

Ons weet dat die openbaring van God altyd ontvouend is sodat elke gelowige “meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring” (Fil 1:9). Laasgenoemde twee begrippe dui in Grieks albei op “full and complete discernment”. Ons moet voortdurend in kennis groei (2 Pet 3:18), want dit is die enigste wyse waarop die nuwe mens met Christus beklee word – “And have clothed yourselves with the new [spiritual self], which is [ever in the process of being] renewed and remolded into [fuller and more perfect knowledge upon] knowledge after the image (the likeness) of Him Who created it.” (Col 3:10, AMPL).

Daar is al veel oor die brandofferaltaar in vorige Mannas geskryf, maar daar is veel meer verborgenhede wat nog nie geopenbaar is nie. As Jesus in Joh 16:12 sê: “Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie”, dui dit eweneens op hierdie proses van ontvouende openbaring. Dit is egter nou gepas om dit op ‘n dieper dimensie te bespreek, want die gees van Elia het ons van “ongehoorsaamheid” gebring “to the way of thinking of the righteous” (Luk 1:17, GNB). Ons was nie vroeër daartoe in staat om die omvang van hierdie waarheid te begryp nie (1 Kor 3:2).

Die rede hoekom dit nodig is om eers weer terug te keer na die tipologie van die brandofferaltaar (hierbo grafies verbeeld), is dat ons in die simboliese heenwysing ‘n sleutel moet kry om die bande van ongeregtigheid (Hand 8:23) van ons af te werp. Vir té lank het ons as gelowiges ‘n staan-en-val mentaliteit in ons verhouding met God gehandhaaf. Ons uitgelewerdheid aan die Satan wat ons gebind het (Luk 13:16), het ons manier van dink té lank versluier. Die Bruid moet uitkom by die profetiese belofte van Jes 25:6-7: “En die HERE van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei ‘n maaltyd van vetspyse, ‘n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn. En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is.”     Daar is ‘n “uigespreide sluier”, ‘n “omhulsel” wat uit die Hebreeus (“massêkâh”) dui op ‘n “mould”, volgens Brown-Driver-Brigg’s Hebrew Definitions dui op “molten metal, molten image, molten gods”. Ons moet weet wat is “die uitnemende grootheid van sy krag … vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte” (Efes 1:19), sodat ons hierdie ysterjuk (Deut 28:48) wat die vyand om ons nek gesit het, kan afgooi. Die sleutel lê in die krag wat opgesluit is in die brandofferaltaar. Ons gaan dit soek in die ontvouende tipologie van die koperaltaar.

 

  • Sela:  Onthou weer wat die prototipiese betekenis is van die brandofferaltaar.
  • LeesSpr 22-24
  • Ondersoek die vervulling:  Lees Spr 24:3 (Wenk: Spr 9:1; Jak 3:17).
  • Delf dieper:  Luister na Yvonne Dippenaar se cd-lering: Rut: Die Vrou se gedurige soek na ‘covering’